Masakhane Primary spog met nuwe kopieermasjien

Masakhane Primary spog met nuwe kopieermasjien

Gansbaai Courant

‘n Nuwe en groot  kopieermasjien wat onlangs aan Masakhane Primary School se hoof, Maxwell Mdini oorhandig is, het selfs die leerders wat kom inloer het, sprakeloos gehad.

Die kopieermasjien is deur Malcolm Bury van Stanford Rotariërsklub namens Jack Doyle van Engeland by die skool afgelewer.

“Hierdie kopieermasjien is ‘n verligting van ‘n groot nood by ons, veral met die oog op ons nuwe skool wat vroeg volgende jaar amptelik geopen sal word,” het Maxwell gesê.

Hierdie was maar een van vele groot projekte wat al deur Jack Doyle van Chester Le Street, Engeland van stapel gestuur is.

Steve en Margi Muller van Franskraal is jarelange vriende van die Doyle-egpaar, Jack en Anita, en Margi tree as Jack se “verteenwoordiger” in Gansbaai op.

Die Doyle-egpaar kom reeds oor ‘n baie lang tydperk jaarliks na Gansbaai.

Van dag een af was Jack intens vasgevang deur die nood wat in die dorp en omgewing heers en  dit is veral Gansbaai Primêr, Silwerjare Dienssentrum, Oak Grove Nasorgsentrum en Masakhane Primary School wat hom na aan die hart lê.

Jack het begin deur gereeld in Engeland fondsinsamelingsprojekte te reël onder individue en organisasies. Op hierdie wyse is talle groot projekte al aangepak en afgehandel.

Vir kontrole doeleindes word finansiële oorbetalings en die beheer daarvan met Margi se hulp deur die Standford Rotariërsklub hanteer.

As gevolg van Anita se gesondheid was die Doyle-egpaar sowat twee jaar laas in Gansbaai, alhoewel hy steeds voortgegaan het met sy beplande projekte.

Anita se gesondheid het egter sodanig verbeter dat die egpaar in die nuwe jaar vir drie maande in Gansbaai kom kuier  vanaf 6 Januarie.

Masakhane Primary spog met nuwe kopieermasjien

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant