Ons kinders lééf die see

Ons kinders lééf die see

Gansbaai Courant

Ons Kaapse kinders weet hoe om hulself besig te hou en die see is hulle speelplek.

Werner van Zyl (14) en sy niggie, Ceara de Gouveia (16) van Bloubergstrand  geniet hul somervakansie terdeë deur vroegoggend, wanneer die meeste mense nog slaap, te gaan tuna vang.

Wanneer die seisoendatums dit toelaat, gaan trek die ywerige jong man, wat ook ‘n junior WP-hengelaar is, kreef – en wat ‘n voorreg vir sy familie, want wat is nou lekkerder as die see wat blou voor jou lê, ‘n krefie op die kole en goeie wyn.  Dít is waarvoor Gansbaai bekend staan en dít is hoekom toeriste jaarliks hierheen stroom – om hierdie heerlikhede te beleef!

Benut die heerlikheid van die kreefseisoen.  Die seisoen is nog oop op die volgende datums:  31 Desember – asook 1 en 2 Januarie.  Benut hierdie datums, want die volgende krewe mag eers weer op 15 en 16 April getrek word.

Meer inligting oor die kreef- en viswetgewing kan verkry word van Palesa Mokomele, Direkteur Kommunikasiedienste (Visserye) Departement Landbou, Bosbou en Visserye by tel 082 904 1908 of 021 402 3702.

Ons kinders lééf die see

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant