Gansbaai Courant

Blog: Moordende Trans Agulhas

Published: 13 February 2017
By:Gansbaai Courant

Die jaarlikse Trans Agulhas Rubberboot Wedren word as die taaiste rubberboot uitdaagwedren ter wêreld beskou.  Die moordende 700km seeroete het Woensdag, 28 Desember 2016 te Plettenbergbaai begin en strek oor 5 dae op see.  Die renjaers het in Mosselbaai, Stilbaai, Struisbaai en Uilenkraalsmond vir die opteken van tye aangedoen. Hulle aankoms te Uilenkraalsmond op Oujaarsdag, het weer eens honderde toeskouers gelok. Foto: Robert Johnson

Die bootwedrenjaers van die Trans Agulhas Rubberbootwedren, maak gereed vir hul blitsige wegspring om 08:00 op Nuwejaarsdag vanaf Gansbaai hawe vir hul laaste uitputtende skof na die Strand - ná ‘n rustige nag in Gansbaai waar hulle oornag het.

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...