Gholfnuus - Jan is Bogus Bogey Plus wenner

Gholfnuus - Jan is Bogus Bogey Plus wenner

Gansbaai Courant

Woensdag het 25 spelers aan die eerste Sloegterskompetisie vir 2017 deelgeneem. Die formaat was ‘n Enkel Stableford en die wenner was Solly Wessels met 44 punte, gevolg deur George Hunt 41, Leon Hattingh 41, Bev Swart 40, Hennie Kriel 40, J Moore 38, Johan Schneider 38, Johan Coetzee 38, Johan Pieterse 36 en Toni Sauter 36. Andre Roos teken ‘n Spog Twee aan op putjie 11 en ‘n Arend op putjie no 6. Die boerpotputjies word gewen deur Leon Hattingh, Solly      Wessels en Jacques Nell (10, 13 en 16).

Vrydag se OK Foods 9-putjiekompetisie is gewen deur Etienne Engelbrecht met 19 punte, gevolg deur Johannes van der Walt 16, Andre Roos 16, Leon Lombard 14 en George Hunt 14.

Saterdag se kompetisie was ‘n Bonus Bogey Plus, en die wenner was Jan le Roux met +4, gevolg deur Piet du Toit +4, Steve Muller +3, Fanus Walters +3, Johan Pieterse +3, Solly Wessels +2, Hennie Kriel +1, Sextus Neethling +1, Pierre Pieterse +1 en Toni Putzi 0. 

Naaste aan die penne was Toni Putzi op no’s 2 en 11 en Johan Coetzee op no’s 8 en 17. Dankie Leon en Anne vir die wyn! Spog Twee’s word aangeteken deur Daan Victor en Hennie Kriel op putjie no 11.

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n 4BBB Houespel.

Die Liga se eerste wedstryd word op 28 Januarie teen     Theewaterskloof 2 op Gansbaai gespeel.

Die span is: Daan Victor (Kaptein), Jacques Nell, Johan Coetzee, George Hunt, Pieter Loubser en  Sextus Neethling.  Sterkte manne!

Johan Coetzee

082 878 0534

gbgholf@gmail.com

Gholfnuus - Jan is Bogus Bogey Plus wenner

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant