Strandlopertjies op kykNET NOU!

Strandlopertjies op kykNET NOU!

Gansbaai Courant

Daar heers groot opgewondenheid by Strandlopertjie Bewaarskool in Blompark.  Die sowat 30 kleutertjies gaan eersdaags op die kykNET NOU!-program, Kleuterzone verskyn.

Die opname is vir Donderdag 9 Februarie 2017 geskeduleer en Gansbaaiers staan almal ‘n kans om as gehoor, deel te wees van die verfilming.

Daar is egter een reuse probleem – die skooltjie in Blompark se Dahliastraat het nie ‘n naambord nie en die skooltjie moet dringend een kry voordat die TV-span arriveer!

Ons gesels met Priscilla Cronjé, hoof by die bewaarskool.  Sy vertel dat sy laat verlede jaar op ‘n Facebook-bladplasing gereageer het.  Al wat sy moes doen is om van die blad te hou, sodat haar skooltjie ‘n kans staan om verfilm te word vir ‘n TV-program.

Haar foon se posboodskapfunksie was egter foutief en sy was nie eers daarvan bewus dat Strandlopertjie gekies is vir die program nie.

Toe iemand haar die 14de Desember daarmee help, sien sy dat die ABS Produksie-huis haar reeds die 6de Desember laat weet het dat haar skool kwalifiseer.

Sy het dadelik van haar laat hoor, maar hulle het gesê dat hulle programskedule reeds vol was. Hulle sou nogtans  kyk wat hulle kon doen.

Nie lank daarna nie, is Priscilla in kennis gestel dat haar bewaarskool op die skedule aangebring is en dat die opname Donderdag, 9 Februarie 2017 in Blompark sal plaasvind.

Die skool bestaan slegs uit twee klassies – die Dolfyne en die Walvisse – en hulle is hard besig om te oefen vir die produksie.

Priscilla is so tussendeur besig om briewe na die sakegemeenskap uit te stuur met die hoop om fondse te in vir ‘n naambord.

Enigiemand wat haar van hulp kan wees kan haar skakel by 083 745 4899.

As u graag deel van die opnamegehoor wil wees, kan u dieselfde nommer skakel.

Die opname begin Donderdag, 9 Februarie om 18:00 in Gansbaai Primêr se skoolsaal en kaartjies is vooraf teen R80 vir volwassenes en R40 vir skoliere beskikbaar by Priscilla. Sitplekke is beperk.

Strandlopertjies op kykNET NOU!

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant