'Skooldrag' diens bring vreugde

'Skooldrag' diens bring vreugde

Gansbaai Courant

Die wat hul hare kon vleg het dit gevleg en die wat kon strikkies insit het dit ingesit. Netjies geklee in Gansbaai Primêr se skooldrag, het gemeentelede van die St Marks Anglikaanse Kerk Sondag, 15 Januarie 2017 vir ‘n “Terug-Skool-Toe” ere-diens by die kerk opgedaag. Kerkgangers het  skryfbenodigdhede en klere vir die graad 1 klasse van Gansbaai Primêr saamgebring om ouers te help om hul skoolkinders volledig toe te rus vir die nuwe skooljaar.

Vader George Wyngaard van die St Marks Anglikaanse Kerk vertel dat die spontane gedagte dat hulle soos skoolkinders aangetrek het,  groot byval gevind het en baie humor aan die dag verleen het. “Dit was ‘n kostelike gesig om te aanskou,” sê Vader George.

Vader Wyngaard, sy eggenote, Jenny en Maria Salo (Kapelvoog) het die volgende Donderdag, 19 Januarie die donasies aan Tommy Volkwyn, die skoolhoof van die primêre skool, oorhandig.

Die twee graad 1  juffrouens, Maresa de Villiers (Gr 1.1) en Melissa Doyel (Gr 1.2) was baie dankbaar vir die skenking.

Die kleingoed het nie op hulle laat wag nie en hulle eerste liedjie wat hulle vanjaar geleer het, “Weet jy dat Jesus jou lief het” uit volle bors vir die besoekers gesing.

“Ek vertrou dat julle hierdie geskenke sal waardeer, mooi daarna sal kyk en dat julle baie hard sal leer om volgende jaar na graad 2 oor te gaan,” het Vader Wyngaard die graad eentjies gemotiveer.

'Skooldrag' diens bring vreugde

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant