Huizemark se deure nou oop

Huizemark se deure nou oop

Gansbaai Courant

Huizemark Gansbaai stoot hul deure vandeesmaand oop in die Abelone-gebou, Hoofweg No 1.

Die span bestaan uit ‘n paar ou en nuwe Gansbaaiers wat hulle wil toespits op uitstekende kliëntediens vir die omgewing.

Met gekombineerde ondervinding van oor die 61 jaar is hulle gereed om waarde toe te voeg tot die eiendomsmark vir Gansbaai, Hermanus, Stanford, Baardskeerdersbos en Pearly Beach areas.

Sarel en Anna-Marie de Wet is in beheer van die Huizemarktak en is oorspronklik van Rustenburg.  Hulle het verlede jaar permanent kom vestig in De Kelders.  Dit is steeds vir hulle ‘n verrassing om te sien hoeveel ander mense vanuit Noordwes hulle permanent hier in die Overstrand kom vestig het, of gereeld hier vakansie hou.  Hulle loop gereeld bekende gesigte raak.

Nog ‘n bekende gesig in Gansbaai se gemeenskap is die van Ewald Langeveld wat by die Huizemarkspan aangesluit het as ‘n senior agent. 

Die ondervinding en kennis wat hy na die span bring  om as mentor vir nuwe agente op te tree, gaan beslis vrugte afwerp en verseker dat Huizemark se diens altyd professioneel gelewer word.

Internagente, naamlik Ronel de Bruyn, Kobus Laubscher en Andrea Snyman is honger vir die nuwe uitdaging en sien uit na kennis maak met almal wat eiendom wil koop of verkoop.

“Ons beplan om dinge effens anders te doen”, het Andrea, die span se woordvoerder, tydens ‘n onderhoud gesê.  “Ons gaan eienaars nie vra vir ‘n alleenmandaat nie, want ons gaan elke kliënt behandel of hy/sy ons enigste is en alles in ons vermoë doen om hulle eiendom te bemark. Gesonde kompetisie, maar ook goeie samewerking met ander agente sal verseker dat alle rolspelers gelukkig van die tafel af wegstap.   Ons is daarop gefokus om met almal verhoudings op te bou, wat in almal se guns sal tel.”

Huizemark nooi almal uit om hulle te skakel.  U is ook welkom om die kantoor te besoek indien hulle van enige hulp kan wees met die koop of verkoop van eiendom.

Huizemark se deure nou oop

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant