Rare donderweer bring skade

Rare donderweer bring skade

Gansbaai Courant

Overstranders het verlede week verbaas wakker geskrik van bulderende geluide, soos kanonskote, wat later blyk donderweer te wees. ‘n Rariteit vir die Wes-Kaap!

Verskeie berigte van groot skade is die volgende dag  ontvang, nadat ‘n swaar bui reën gedurende die vroeë oggendure van Vrydag, 27  Januarie 2017 oor dele van Gansbaai, Blompark en in die rigting van Uilenkraalsmond uitgesak het.

‘n Verslae Petrus en Sylvia van Wyk van Leeubekkiestraat  in Blompark het op Gansbaai Courant gewag om foto’s van die skade in hulle huis te neem.

Reënwater het vanaf die straat by die voordeur van hulle huis ingestroom en die hele binnekant in chaos gedompel.

“Ek woon al sowat 20 jaar in hierdie huis en dit is die eerste keer dat iets soos hierdie met ons gebeur,” het ‘n moedelose Petrus gesê.

Sy eggenote, Sylvia het in trane uitgebars toe sy vertel dat sy net onlangs ‘n nuwe dubbelbed en matras gekoop het.

Hierdie is maar een van vele gevalle van skade wat deur die wolkbreuk veroorsaak is.

Berigte is ontvang van verskeie besighede wat eers van water in hul geboue ontslae moes raak voordat hulle hul deure kon oopmaak vir besigheid.

Ook in Uilenkraalsmond is daar reeds vroegoggend water uit wonings gevee, waarna die modder- en waterskade opgeruim moes word.

Rare donderweer bring skade

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant