Bederf jou geliefde en bewaar fynbos

Bederf jou geliefde en bewaar fynbos

Gansbaai Courant

Die lugruim is gevul met liefde gedurende Februariemaand en Flower Valley Bewaringstrust staan gereed om jou ander helfte op Valentynsdag met ‘n pragtige bos fynbosblomme te bederf - gepluk in Gansbaai se spesiale fynbos agterplaas.

Flower Valley Bewaringstrust is ‘n nie-regeringsorganisasie en is net buite Gansbaai gesetel. Die Trust fokus op die bewaring en hulle werk in die fynbos koninkryk om fynboslandskappe te beskerm.

Om die Gansbaai-area se lieflike fynbos te vertoon, sal Flower Valley op Valentynsdag (Dinsdag, 14 Februarie 2017) fynbosruikers in Gansbaai, Stanford en Hermanus aflaai.

Belangstellendes wat die Trust se werksaamhede wil ondersteun, kan een van hierdie pragtige  fynbosruikers teen Vrydag, 10 Februarie 2017 bestel.

‘n Boodskap aan ‘n geliefde kan ingesluit word en Flower Valley se fynbosspan sal die ruiker, met die boodskap, by geliefdes se woonadresse of werksplekke aflaai om geliefdes te verras.

Hierdie projek vorm deel van die Trust se werk om fynbos te beskerm en om die skoonheid van fynbos ten toon te stel.  

Flower Valley implementeer  ‘n program om indringer-plante uit natuurlike land-skappe in die Overberg te verwyder.

Vir meer besonderhede kan Adrianne van Wyk by 028 425 2218 geskakel word. Die webtuiste wat besoek kan word, is www.flowerval ley.org.za.

Bederf jou geliefde en bewaar fynbos

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant