Krieketnuus - 29 Jan 2017

Krieketnuus - 29 Jan 2017

Gansbaai Courant

Gansbaai Krieketklub het Sondag, 29 Januarie 2017 die verdediging van hul 20/20 Sondagliga Trofee met ‘n goeie oorwinning teen Kleinmond Krieketklub begin. Die wedstryd is op Kleinmond gespeel.

Kleinmond het eerste gekolf en 133/9 in 20 boulbeurte aangeteken.

Die enigste kolwer wat Gansbaai se boulwerk kon hanteer, was Kleinmond se Darren wat 46 lopies (4x4) en (3x6) aangeteken het.

Gansbaai se beste boulers was Driaan Kriel (4-0-21-2), Christo Swart (4-0-22-2) en Ralph-Vino Richter (2-0-15-2).

Daarna het Gansbaai gaan kolf en was op 20/3 diep in die moeilikheid.

Danksy goeie kolfwerk deur Hennie Schreuder 54 (7x4) en (2x6), asook Jonathan Doyle se 22 nie uit nie (1x4) en (1x6), kon Gansbaai daarin slaag om 134/6 in 17,3 boulbeurte aan te teken.

Gansbaai Krieketklub wen die wedstryd met 4 paaltjies.

Eerskomende Sondag speel hulle op die veld van Gansbaai Gemeenskalike Sportgronde teen Napier Krieketklub.

Ondersteuners word uitgenooi om na die wedstryd, wat om 10:00 begin, te kom kyk.

Krieketnuus - 29 Jan 2017

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant