'Inwoners is paraat' sê sekuriteitshoof

'Inwoners is paraat' sê sekuriteitshoof

Gansbaai Courant

Die inbraaksyfer in Gansbaai het geweldig afgeneem.  “Dit is te danke aan die paraatheid van inwoners”, sê Bryan Chambers bestuurder van Secma International Security in Gansbaai.

Bryan vertel dat daar slegs sowat 3 fisiese inbrake in die groter Gansbaai plaasgevind het in Januarie vanjaar.

Hy sê dat 90% van diefstal plaasvind wanneer mense gaan slaap en vergeet om motorhuisdeure toe te maak, toerusting buite laat lê of deure te sluit.

‘n Groot probleem is ook dat mense in die boonste vertrekke van hulle huise kuier en nalaat om die deure onder toe te maak of te sluit, of hulle kuier almal saam in ‘n vertrek, maar los die buitedeure oop.

Volgens Bryan lewer die buurtwag- en whatsapp-groepe ‘n groot bydrae om skelms uit woonbuurtes te hou.

Secma International Security se Gansbaai-tak het onlangs nóg ‘n reaksie-voertuig by hulle vloot gevoeg, om hul reaksietyd te verhoog, asook om misdadigers af te skrik met hul voortdurende sigbaarheid. 

Kleinbaai, Danger Point, Romansbaai en Klipfonteyn I en II word deur die nuwe voertuig gepatrolleer en Franskraal, Uilkraal en die plase tussenin, deur ‘n ander voertuig.

Secma het ook ‘n voertuig in Pearly Beach en nog een wat vanaf De Kelders, dorp se kant toe, patrolleer.

Bryan sê dat hoewel hulle kliënte hulle eerste prioriteit is, kan enigiemand hulle 24-uur beheerkamer skakel om misdaad aan te meld.

Secma International Security is daar om sy gemeenskap te dien.

‘n Belangrike wenk van Bryan aan  inwoners is:  Hou jou motorsleutels saans veilig in ‘n laai of kas weggebêre en nie op jou bedkassie nie.

'Inwoners is paraat' sê sekuriteitshoof

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant