Overberg Kushengelklub baljaar onder Bellmanne

Overberg Kushengelklub baljaar onder Bellmanne

Gansbaai Courant

Die kushengelaars van Overberg Kushengelklub het behoorlik baljaar onder die bellmanne, pragtige visse.

Dit was die klub se eerste kushengelkompetisie vir die jaar wat Saterdag, 4 Februarie 2017, plaasgevind het. ‘n Groep van die “heldhaftige” hengelaars het die vorige aand sommer langs die see geslaap.

Die manne wat met die bellmanne gespog het, is: Dawie Toua (grootste vis, ‘n bellman van 2.86kg, asook die 2de swaarste sak; Arno van der Merwe (swaarste sak van 3.12kg, ook bellmanne).

Elba Tredoux van die klub verwys ook na hulle “nuwe klubhuis” – die lapa op Lada Germishuys se plaas, Uilenkraal. “Dit het vir groot opgewondenheid gesorg en lekker kuiers word vir die toekoms daar voorspel,” het Elba gesê.

Die suksesse van 2016 se hengelprestasies is terselfdertyd gevier. Die voorsitter, Frans Claassen, het tradisioneel weer met ‘n klompie pittighede oor “visstories” vorendag gekom. Interessanthede rakende visname vanuit die volksmond, het ook opgeduik: John Dory - Zeus Faber, vernoem na die Griekse God Zeus; Mosselkraker (Sparodon durbanensis) - Witviskop, Beenbek, Silwersteenbras en Stompkop; Galjoen (Coracinus capensis), met Coracinus wat “kraakbek” beteken en Capensis wat “van die Kaap” beteken. Die naam “Galjoen” kom van die Nederlandse word, “Galei” wat na die vis se vegtersinstink verwys.

2016 se Kampioene

Die 2016 trofeë-wenners (en kampioene) van Overberg Kushengelklub vir 2016 was: Eldo Marais (klubkampioen vir 2016); Eric Coetzee (reserwe kampioen vir 2016); Anthony Melly (grootste galjoen, 2.91kg); Oubaas Lesch (grootste steenbras, 5.4kg); Arno van der Merwe (grootste Kabeljou, 5.13kg); Eldo Marais (grootste mosselkraker, 7.42kg); Leibrandt van Niekerk (voorsitterstrofee); Eldo Marais (meeste massa, 22.22kg). Oubaas Lesch lê in die 3de posisie, met Anthony Melly 4de, Sihan Toua 5de en Stephen Ashlin 6de.

Overberg Kushengelklub baljaar onder Bellmanne

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant