Laaste groet aan 'n ware heer

Laaste groet aan 'n ware heer

Gansbaai Courant

Barry Milroy Johnson (73), geliefde sakeman en mede-eienaar saam met sy vrou, Gayle, van Coffee on the Rocks in De Kelders, is  Maandag, in ‘n volgepakte NG Kerk op Stanford, finaal gegroet.

Ds Neil Olvagen het die diens op ‘n besonderse wyse gelei wat  begrafnisgangers diep laat nadink het.

Die begrafnisbrief, met die opskrif: “A celebration of the life of Barry Milroy Johnson”, se 1ste strofe lui: “Feel no guilt in laughter, he knows how much you care; Feel no sorrow in a smile, that he’s not here to share.”

‘n Paar eienaars van veteraanmotors het daarmee by die diens opgedaag. Barry het ‘n groot voorliefde vir klassieke motors gehad en hy en sy vriende het die klub, Classic Car Lunch Group gestig en gereeld bymekaar gekom.

Barry het Saterdag, 18 Februarie, ná ‘n baie ernstige beroerte-aanval, gesterf.

Hy het op die R43 net buite Gansbaai gery toe hy die beroerte kry. Hy het beheer oor die voertuig verloor en was in ‘n ernstige botsing met ‘n aankomende voertuig betrokke.

Barry laat sy vrou, Gayle, twee seuns Guy, wat in Londen woon en Liam van Kaapstad en sy dogter, Vera wat in Sydney woon, agter. Hy word ook deur sewe kleinkinders oorleef.

Midde-in al die hartseer, is daar dieselfde nag, 27 Februarie by Coffee on the Rocks ingebreek.

Laaste groet aan 'n ware heer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant