JP doen sy ding

JP doen sy ding

Gansbaai Courant

Nou die dag is daar ‘n klop aan die deur en J P stel homself bekend. Het geboer op Swellendam en het nou in  De Kelders kom aftree. Boonop ’n splinternuwe rubberboot laat bou, met ‘n 15 pk. 4-slag-enjin en iemand het hom aanbeveel om met my te kom praat. Hy wil graag boothengel doen, sê hy, en weet nie genoeg van die see nie. Hy het darem al twee keer op sy eie probeer, maar het deurmekaar geraak met die kontrole van die enjin met die gevolg dat hy regs beweeg in plaas van links, en andersom, en dan is daar nog ‘n “reverse” en “neutral” ook, almal op die stuurhefboom. Bowendien hom lam geskrik toe ‘n paar swellings kom vriende maak. Ons praat baie lekker en ek nooi hom die volgende dag saam, op my boot. Die vis byt nie lekker nie en J P probeer hard, met nie veel sukses nie. Maar hy is gretig om te leer en met ‘n aanpassing of twee gaan dit reeds beter.

Die volgende dag wy ons sy bootjie in. J P hou my dop terwyl ek skipper en hom die gate wys.

Ek vind die kombinasie van boot en motor ideaal vir hierdie omstandighede en ons vang op die koop toe ook ‘n paar vissies. Dis wel ‘n vreemde stelsel, ook vir my, en ek maak self ‘n onverwagse draai of twee. Net buite Gansbaai-hawe gooi ons vir ‘n laaste keer anker en besluit dan om klaar te maak en terug te keer. J P neem oor. Ek gee “orders” van voor in die boot. Eintlik heel onnodig. Hy leer gou en doen baie goed. Ons vorder tot baie na aan die vasmeerplek en skielik vlieg ons vorentoe!! Dan ewe skielik agtertoe en so nou en dan links en dan weer regs. Ek praat kalmerend. J P mompel so tussen-in en kom dan tot stilstand. Na ‘n harde asemhaling of twee kry hy sy dinge agtermekaar en ons beland veilig teen die kaai en plaas die boot (jammer, dié het nog nie ‘n naam nie) veilig op die sleepwa.

Hierdie man is reeds lief vir die see en gaan nog baie visse vang. Welkom, J P en vroutjie, Carina.

Baie groete,
Seemeeu

JP doen sy ding

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant