Overberg weeg mooi visse in

Overberg weeg mooi visse in

Gansbaai Courant

Overberg Kushengelklub se manne moes eers ‘n week lank hard aan die verbeteringe van hul klubhuis werk voordat gehengel kon word.

Hulle het gelukkig genoeg krag oorgehad vir verlede Saterdag, 25 Februarie 2017 se klubkompetisie, aangesien pragtige steenbrasse, kabeljoue en bellmanne ingeweeg is.

Eldo Marais, Klubkampioen van 2016, het seker gemaak hy begin 2017 ook goed met die grootste vis, ‘n steenbras (5.22kg), wat hom ook die swaarste sak (5.22kg) laat inweeg het.

Oubaas Lesch, die klub se “veteraan” kushengelaar, se steenbras van 4.60kg was die tweede grootste vis van die dag.  Pieter Marais se steenbras van 4.26kg het die 3de plek aan hom besorg.

Elba Tredoux van Overstrand Kushengelklub vertel dat ‘n vrolike atmosfeer geheers het, met gesellige saamkuier om braaivleisvure gedurende die aand.

“Dit was ook ‘n spesiale dag vir Mynhard en Christa van Niekerk, wat hul 50ste huweliksherdenking gevier het,” vertel Elba.

Volgens haar is dit verblydend dat die klub in getalle groei en sterk kompetisie word vanjaar verwag.  Sy sê die nuwe klubhuis en die gesellige saamkuier daar, speel beslis ‘n positiewe rol onder die klublede.

Belangstellendes om aan te sluit kan vir Leibrandt van Niekerk by 028 384 1333 skakel.

Overberg weeg mooi visse in

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant