Minister besoek skool

Minister besoek skool

Gansbaai Courant

Die Minister van Onderwys, Debbie Schafer, se besoek aan Gansbaai Academia verlede Maandag (27 Februarie 2017) was ‘n vroeg-in-die-jaar hoogtepunt vir die skool.

Die minister is deur verskeie hooggeplaastes, parlementariërs, Overstrandse Raadslede en die Direkteur van Onderwys in die Overberg, Betram Loriston vergesel.

Die doel van die besoek was om gesprek te voer oor die verskeidenheid van uitdagings wat Gansbaai Academia in die gesig staar.

Die skoolhoof, mnr Tommy Wilson en sy personeel is gelukgewens met die puik prestasies wat tydens die 2016 matriekeksamens behaal is.

Mnr Loriston het dit onomwonde gestel dat, desondanks vele uitdagings wat die hoof gebied moet word, Gansbaai Academia een van sy beste skole in die Overberg is. “Dit gaan om goeie leierskap en kwaliteit onderrig,” het hy gesê. “Die hoof en sy personeel moet gelukgewens word en hulle verdien die hele Gansbaai, insluitend besighede, se volle ondersteuning.”

‘n Welkome aankondiging van vyf nuwe klaskamers wat teen 2019 of vroeër voltooi behoort te wees, is gemaak.

Met verwysing na die busdiensprobleme na en van Stanford, waaroor Gansbaai Courant onlangs berig het, het die minister haar teleurstelling daaroor uitgespreek. Sy het onderneem om haar volle aandag aan die onaanvaarbare situasie te skenk.

Die minister het ook onderneem om na aansoeke wat die skool vir twee addisionele onderwysposte ingestuur het om klasgroottes te verlaag, te kyk. Die gesprekvoerders tydens die besoek was dit eens dat, desondanks die kontekstuele faktore en vele uitdagings, Gansbaai Academia met van die beste hoërskole vergelyk kan word.

Minister besoek skool

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant