Kamera - aksie ! Strandlopertjies word TV-sterre

Kamera - aksie ! Strandlopertjies word TV-sterre

Gansbaai Courant

Dit was ‘n behoorlike bontstanery toe die KleuterZone-filmspan Donderdag, 9 Februarie by Strandlopertjie Bewaarskool opgedaag het.

Die bedrywighede by die skooltjie is die oggend op film vasgevang en die kameras het die aand in die Gansbaai Primêr skoolsaal gedraai waar die Strandlopertjies hul liedjies gesing het.

Sowat 100 mense het vir die verfilming opgedaag.  Soos klein mensies maar is, laat hulle hul nie altyd voorsê wat om te doen nie.  Dit lei gewoonlik tot die beste herinneringe van ‘n besondere aand in mense se lewens.

Dit was opvallend hoe die gemeenskap van Gansbaai saamgestaan het om die bewaarskool gereed te kry vir die dag van die verfilming.

Na ‘n  berig in die Gansbaai Courant het Chris en Petra van Rensburg van OK Foods Gansbaai ‘n naambord laat maak en laat monteer en Grootbos Foundation het spontaan opgedaag om die speelterrein te verfraai en ‘n broodnodige groentetuin aan te lê.

Lesers kan hul nou gereed maak vir die TV uitsending in April op KykNet se kanaal 147.  Die datums sal later bekend gemaak word.

Kamera - aksie ! Strandlopertjies word TV-sterre

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant