Jane's Car Spa brei uit

Jane's Car Spa brei uit

Gansbaai Courant

Groot dinge is aan die gebeur by Jane’s Car Spa.  Die eienares, Jane de Villiers (op die foto saam met haar werkspan) het ‘n behoefte in die mark raakgesien en is van voorneme om haar nuwe planne net so presies uit te voer, soos wat sy haar motorwassery tot op hede hanteer het.

‘n Splinternuwe en baie nodige diens wat aangebied word, is dat motorsitplekoortreksels nou ook by die Spa ingehandig kan word om gewas te word.

Klante kan ook hul los matte daar kom aflaai vir gehalte skoonmaakdiens.  Sitkamerstelle daarenteen sal by die klant se huis gewas word.

Jane is baie opgewonde oor die nuwe ‘valet’ masjien wat sy aangeskaf het om van dié take te verrig.

Die nuwe skoonmaakproses is ‘n baie droër en vinnige proses wat terselfdertyd kiemdodend is, hoewel dit eko-vriendelik is, soos al die ander produkte wat Jane gebruik.

Stoffering en matte word dus nie deurweek nie en is baie gouer droog.

Hierdie uitbreiding by Jane’s Car Spa is beslis ‘n aanwins vir Gansbaai.  Maak seker dat u hierdie nommer byderhand hou vir besprekings   – 076 126 2956 .

Jane's Car Spa brei uit

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant