Ontmoet hierdie bekroonde skrywer

Ontmoet hierdie bekroonde skrywer

Gansbaai Courant

Gansbaaiers kan volgende Dinsdag, 14 Maart, saam met die bekende en bekroonde skrywer, Chanette Paul kuier.

Gansbaai Leeskring nooi almal wat in haar skryfwerk belangstel na hul oggend met Chanette vanaf 10:00 by die Biblioteeksaal.

Belangstellendes kan by Annemarie du Plessis bespreek.  Haar nommer is 082 486 0135.

Die skrywer

Chanette is gebore in ‘n era toe vroue nog voorskote met frilletjies gedra het.  Sy word rond en bont groot, woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly.Voor sy begin skryf het, was sy kortstondig ‘n ondrwyseres en het ‘n paar jaar lank ‘wearable art’ gemaak in ‘n klerefabriekie wat sy bedryf het.  Sy het ook haar hand gewaag aan die verf van enigiets waarop sy haar hande kon lê en die resultate by ‘n kunsmark probeer verkoop.

Op die oomblik woon sy in ‘n skewerige huis in die Overberg op die oewer van die Kleine Rivier waar die man in haar lewe ‘n rivierboot bedryf.

Hier in Stanford, is sy bedrywig met allerlei storiedinge, probeer sy haar kat vet kry en vlooiloos hou. 

Sy versamel graag goeters vir haar huis, is ‘n leesvraat en musiekliefhebber, ‘n onkundige tuinier en ‘n vrot kok – aldus haar webblad.

Sy hou graag walvisse dop in naburige kusdorpe, is mal oor snorkel en hoop sy sien eendag ‘n meermin.

Haar nuutste boek, Offerande, is deel 2 van die Offer-tweeluik en voltooi die verhaal van Caz Colijn wat in Offerlam – deel 1 – afgeskop het.  Offerlam is reeds in Nederlands gepubliseer en die Engelse vertaling verskyn later vanjaar. 

Offerande word tans in Nederlands vertaal en die verwagte publikasiedatum is April 2017.

Kom ontmoet hierdie skrywer wat gereeld nuwe vaarwaters betree en reeds op sestienjarige ouderdom ‘n sprokie geskryf het vir ‘n kleuterprogram wat oor die radio voorgelees is.

Ontmoet hierdie bekroonde skrywer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant