Black Leaves sal hul beste moet lewer

Black Leaves sal hul beste moet lewer

Gansbaai Courant

Die Black Leaves rugbyspan sal hul beste moet lewer vir vanjaar se rugbykompetisie van die Boland se groot uitdaagbeker kompetisie wat bepalende faktore inhou.

Indien hulle onder die laaste twee spanne eindig, is die spreekwoordelike valbyl oor die span se nek.

Die span van Black Leaves lyk egter goed voorbereid as gevolg van die vier voorseisoense  vriendskaplike wedstryde wat hulle gespeel het, onder andere: Ranger van Bredasdorp (2x), Riviersonderend en Rocklands van Mitchells Plain.

Die manne is nog nie op volle sterkte gesien nie, maar dié wat wel in aksie was, het nie teleurgestel nie. Die manne het elke moontlike geleentheid aangegryp om enige posisie vol te staan en dit was ‘n goeie aanduiding vir hul passie en honger vir die spel.

Daar word verwag dat die spel vanjaar nie ligtelik nie, maar baie ernstig opgeneem sal moet word.

Hierdie kompetisie behoort vanjaar soveel opwinding in te hou dat daar nie op die louere gerus sal kan word nie, veral nie met nege klipharde spanne van die Overstrand daarin nie.

Black Leaves van Gansbaai skop op 18 Februarie af op hulle tuisveld teen Botrivier en die wedstryd daarna word teen Hawston, op die opposisieveld gespeel.

Black Leaves se A span, met sy aanvallende agterlyn, kan weer munt slaan en die skare laat juig. Caledon en Genadedal sal vanjaar met hul kenmerkende Makro agttal almal uit die pad wil vee. Daarteenoor sal Black Leaves ‘n fikse en mobiele agttal daar moet stel.

Die momentum wat opgebou was in die vriendskaplike wedstryde moet nou oorgedra word na die Ligas. Al hierdie uitdagings sal net harde innovasie verg, gepaardgaande met goeie dissipline en orde.

Spelers wat nog nie geregistreer is nie, sal hul voordele verbeur en sal ook nie betyds by Boland op die administrasielyste kan kom nie.

Oefentye is Dinsdae- en Donderdaeaande vanaf 18:00.

So sê “Bra G” 

Black Leaves sal hul beste moet lewer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant