Baardskeerdersbos Orkes bou voort

Baardskeerdersbos Orkes bou voort

Gansbaai Courant

Die bekende en gewilde Baardskeerdersbos Orkes het oor ‘n tydperk van 27 jaar diep spore in die Suid-Afrikaanse boeremusiek wêreld getrap.

Die dood van die immer-gewilde orkesleier, Manie Groenewald was ‘n reuse terugslag en nog ‘n lid, Dries van Bosch, hul konsertina-speler, is ook oorlede.  Piet Smit met sy trekklavier, het intussen besluit om af te tree.

Liana Fourie laat weet egter dat die orkes steeds optree  – met nuwe bloed en nuwe energie.

Die oorblywende orkeslede, Stompie Heyns, André Fourie en Stephan van der Westhuizen het besluit om voort te bou op Manie Groenewald se kosbare nalatingskap.

Heelparty van die oorspronklike orkeslede was direk of indirek familielede. Die groep het besluit om nog familielede te betrek, soos neefskinders en kleinneefs wat voor Manie grootgeword het. “Die doel daarmee is om hulle te betrek by die voortsetting van ‘n besonderse kultuur en styl wat deur Manie Groenewald nagelaat is,” het Liana gesê. “Daarom is ons van plan om die Baardskeerdersbos Orkes se suksesse van die verlede voort te sit.”

Tans bestaan die orkes uit die volgende lede: Stompie Heyns (Banjo), André Fourie (kitaar en sang), Stephan van der Westhuizen (dromme), Stoffel Fourie (kitaar en sang), Neil Aspeling (trekklavier) en Tobie Keyser (konsertina).

Baardskeerdersbos Orkes bou voort

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant