Birkenhead hengelaars tevrede met vangs

Birkenhead hengelaars tevrede met vangs

Gansbaai Courant

Boothengelaars van die Birkenhead Boothengelklub was heel tevrede met hul vangste wat hulle Saterdag, 4 Maart, kant toe gebring het, ten spyte van die feit dat die dag se vangs oor die algemeen as swak beskou is.

Die swaarste vis wat gevang is, is ‘n geelbek van 1.7kg deur George Rowan.

Een van die klub se knap juniors, JP Uys, kon nie deelneem nie. Sy vriend, Hennie Groenewald het met die louere weggestap met die tweede swaarste vis, asook vir die swaarste sak.

Vyf bote het ingeskryf en al vyf het ingeweeg. Die aantal bemanning was 17, waarby een junior ingesluit was, en die hengelaars het 7 spesies ingeweeg.

Die totale aantal vis was 93, met 'n totale massa van 67.4kg, wat ‘n gemiddeld van 3.94kg per hengelaar beteken.

Die volledige uitslae is soos volg: swaarste vis 1.70kg, George Roman (geelbek); 2de swaarste vis 1.30kg, Hennie Groenewald (roman); swaarste sak (8.40kg), Hennie Groenewald (Jnr); 2de swaarste sak (8.30kg), Ben Uys; swaarste bootgemiddeld (8.12kg), Oupa van Ben Uys; 2de swaarste bootgemiddeld (7.20kg), Bella Me van Bev Swart.

Hierdie kompetisie was die klub se vierde boothengelkompetisie vir 2017 en die eerste drie voorlopers is: Bootkampioene - Oupa (29.45kg) van Ben Uys, Bella Me (13.38kg) van Bev Swart en Relêks 2 (8.30kg) van Jean Downing; Mans Visvangkampioene - Ben Uys (23.50kg), Danie Fourie (21.50kg) en Piet le Roux (13.90); Junior Visvang-kampioene - JP Uys (18.40kg) en Hennie Groe-newald (10.0kg).

Met die oor op die grond kon opmerkings soos, “wag maar, die jaar is nog lank”, gehoor word.

Birkenhead hengelaars tevrede met vangs

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant