101 plus nog 'n een

101 plus nog 'n een

Gansbaai Courant

“Alles werk nog net half”, skerts die 102 jaar oue tannie Mick (Anna) Viviers wat Vrydag, 17 Maart, haar verjaardag saam met haar huismaats van Huis Breda en haar kinders in Hoofweg, De Kelders, gevier het.

Tannie Mick het eintlik ‘n dubbele verjaardagviering gehad, deurdat Huis Breda die aand sy nuwe uitbreiding in Frankenstraat amptelik geopen het.

Ontmoet jy hierdie 102 jaar jonge dame en haar kinders, besef jy dat goeie gene beslis hier ‘n rol speel.  Ouma Mick lyk nie ‘n dag ouer as 80 nie. 

As ‘n nooi Mitchell wat in 1915 in Potchefstroom gebore is, het sy later die naam 'Mick' behou. Sy het in Desember 1941 mev Viviers geword, maar is reeds sedert 1991 ‘n weduwee wat haar in 2014 in Franskraal by haar seun, Jan en sy vrou Lulu kom vestig het.

Haar dogter Anita, woon saam met haar man, André Louw, in Somerset-Wes.  Tannie Mick spog met 3 kleinkinders en 7 agterkleinkinders.

101 plus nog 'n een

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant