Wat kan so lekker wees?

Wat kan so lekker wees?

Gansbaai Courant

Deesdae gaan ek meestal met die boot hengel, maar jare terug was my belangstelling by kushengel. Ons het gevang in die see, damme, riviere, vleie en sommer ook in ‘n swembad (dis ‘n storie vir later!).

Mens assosieer gewoonlik die verskillende plekke met die soort vis wat jy daar vang of gevang het. Byvoorbeeld, ekstra vet galjoen by Stilbaai, Jongensfontein en Blombos. Ook die witste galjoen by Milnerton, Blaauwberg en Melkbosch (dink die spelling was reg vir daardie tyd). Die dae by die Dam, Rietfontein, Die Gruis en Die Plaat, toe jy nog met jou voertuig op enige plek kon oornag en daar boonop geen beperking of kwotas was nie, is geëts in jou geheue. Ai. Daar is ook plekke soos Bettiesbaai, Rooi-Els en die Boulders. Ek onthou die dag toe ek en my pa op Platbank gaan vang het en ek ‘n wreedaard van ‘n witsteenbras uitgebring het. So groot dat hy die Opel Rekord se groot kattebak van kant tot kant volgelê het. Die oukêrel is eerste daar weg en toe ek die aand by die huis aankom en die vis wil gaan weeg, was die kerrievis reeds gemaak!

As kind het ek by die Milnerton-lagune gaan aasvis vang met fuike en bottels. (Vra my gerus hieroor.)  My pa en broer is ook saam toe ons in die Kaapse dokke monster stokvis, snoek en maasbankers gevang het. Ons het geen spesiale tegniek gehad nie, maar tog baie vis gevang en die genot was genoeg beloning.

Op ‘n keer was my nuwe vroutjie en ek en swaer Boetie en sy vrou op pad na George, Knysna. Ons het op pad êrens gestop om bietjie piekniek te maak. Ek het opgelet dat daar reuse erdwurmhopies was en gedagtig aan die steenbras wat ek al gevang het met hierdie wurms, besluit om my swaertjie te wys hoe jy die goed kan laat gesigwys deur die draai van ‘n stok in die hopie grond. Hy het my nie geglo nie. Daardie dag wou dit nie werk nie en ek het sommer so ‘n lang paal probeer wat natuurlik vir baie meer geraas in die sand gesorg het, steeds met geen sukses. Ek het nie van Boetie se “glimlag” gehou nie! Met die kombers oor die gate het ons begin piekniek hou toe ek gewaar die kombers lig-lig so. Wat na bo gekom het was die grootste en dikste erdwurms wat ek ooit gesien het. Dit hang in ‘n groot koeldrankbottel van bo in die kop tot onder in die boom. Boetie se agting vir my is herstel!

Daar is nog baie plekke met hul eie herinneringe en so kan mens aangaan  --  hoe kan jy nie lief wees vir hengel nie? 

Baie groete,
Seemeeu

Wat kan so lekker wees?

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant