Tweede plek na verbete stryd

Tweede plek na verbete stryd

Gansbaai Courant

Gansbaai Jukskeiklub moes Saterdag die knie voor Agulhas buig met ‘n skrale een punt na ‘n verbete stryd om die wenplek.

Hermanus het die derde plek ingeneem tussen die A-spanne.  Pearly Beach wen tussen die C-spanne, gevolg deur Robertson en Worcester.

Altesaam tien spanne het aan ‘n baie suksesvolle opedag deelgeneem en selfs die windjie het saam gespeel.

Die klub is baie dankbaar vir goeie borgskappe.

Die plaaslike spanne wat deelgeneem het, is Kleinmond, Groenberg, Agulhas en Pearly Beach met Robertson en Worcester wat bygedra het tot ‘n gesellige sportdag.

Toeks na SA’s

Toeks Moore van die Gansbaaiklub het die Wes-Kaapspan gehaal wat van 1-7 April aan die SA Kampioenskappe in Kroonstad gaan deelneem.

Toeks is ‘n gesoute speler wat reeds op 15-jarige ouderdom begin jukskei speel het.  Sy het deur die jare reeds WP, Oos-Transvaal, Boland en Wes-Kaapkleure behaal.

Verlede jaar was sy ook deel van die SA Meestersspan en Kroonstad, die hartland van jukskei, is dus geen vreemde plek vir haar nie.

Gansbaai Jukskeiklub nooi belangstellendes om by hom te kom aansluit.  Skakel Toeks Moore by 082 584 3339.

Tweede plek na verbete stryd

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant