Broodnodige bakkie vir BARC

 Broodnodige bakkie vir BARC

Gansbaai Courant

BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) is nie net trots op hul ‘nuwe’ tweedehandse bakkie nie, maar veel eerder baie dankbaar.

Sonder ‘n bakkie as vervoermidel, sal die daaglikse bedryf van BARC nie moontlik wees nie.

Annalie Jonker, BARC se bestuurder, sê haar seun, Emiel Jonker en sy pa, Johan, die eienaars van Bloemfontein Bakkie Sentrum in die Vrystaat, het ‘n baie groot rol gespeel. Hulle het die bakkie met R30 000 gesubsidieer.

“Ons sou nooit hierdie broodnodige bakkie kon koop sonder hulle ondersteuning nie. Ons is ook dankbaar vir die ondersteuning van Gansbaai se gemeenskap en besighede,” het Annalie gesê. “Die tekort is uitgewis met die gemeenskap se ondersteuning tydens ons fondsinsamelingsprojekte en mildelike skenkings aan BARC se tweedehandse winkel.”

Annalie sê die tweedehandse winkel op die hoek van Hoof en Fabriekstrate langs Kekkel-en-Kraai, doen baie goed en is ‘n groot bron van inkomste.

Diereliefhebbers kan gerus kennis neem dat BARC losies en versorging van diere aanbied aan mense  wat met vakansie gaan.   

Besoekers aan Gansbaai is ook welkom om hul diere by BARC te laat en is welkom om hulle gedurende die dag te besoek en met hulle te gaan stap. Hierdie inisiatiewe dien ook as ‘n bron van inkomste.

Deel van BARC se langtermyn beplanning is om hierdie jaar nog 10 hokke te bou om meer losiesdiere te kan huisves.

Vir nuwelinge wat dalk nie weet nie, BARC is ‘n geregistreerde Dieresorg Trust (IT 3001/2009). Annalie het ook verduidelik dat daar ‘n groot verskil tussen welsynwerk vir diere is en die beskerming en red van diere. Laasgenoemde is die gebied waarop BARC fokus.

“Om honde dus op ‘n gereelde basis te voer, is ‘n pragtige gebaar, maar volhoubare versorging, beskerming, behandeling en redding van mishandelde en verwaarloosde diere is ‘n perd van ‘n ander kleur,” vertel Annalie. “Daarvoor is ondersteuning, donasies en finansies broodnodig.”

Vir meer besonderhede kan Annalie Jonker by 028-384-1740 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za.

 Broodnodige bakkie vir BARC

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant