Vasbytstap beloof 'n uitdaging vir fikses

Vasbytstap beloof 'n uitdaging vir fikses

Gansbaai Courant

Fikse stappers kan hul voete begin brandspiritus smeer vir die Big2Town vasbytstap wat oor die naweek van 7 en 8 April plaasvind.

Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar dat die Overstrand Sportklub deel uitmaak van die stapbyeenkoms wat oor twee dae strek.  Dit word ook in ander dele van die land deur die SAPD en ander Magte aangebied. Deelnemers reis so ver as van Gauteng af om in Gansbaai te kom deelneem.

Belangstellendes moet fiks genoeg wees om sowat 75km in twee dae af  te lê.

Die roete strek vanaf die munisipale sportgronde, agter om die berg na Grootbos se kant toe, oor die R43, deur De Kelders en eindig die eerste dag na sowat 40km weer by die sportgronde.

Die tweede dag oor sowat 35 km begin weer by die sportgronde en stappers stap na Kleinbaai, Franskraal, oor die R43 deur Strandskloof Karavaanpark en draai na Uilkraalmond se kant toe, waar hulle strandlangs terugkeer en by die Danger Point ligtoring eindig.

Spanne kan uit 3 mans en 3 vrouens bestaan of ses mans of ses vrouens. Daar is ook afdelings vir veterane en seniors. Stappers kan as individue ook deelneem en minder fikse stappers kan vir slegs een van die twee dae inskryf.

Dit is ‘n geregistreerde IWASA-wedloop en medaljes en bekers word uitgereik.

Pretloop

Mense wat net vir die pret wil deelneem, kan die 8km roete stap.  Daar is nog ‘n tekort aan waterpunte en enige instansie, individu of besigheid wat wil bydra tot die sportmanskap van die byeenkoms, kan met a/o René Human tel 028 384 0201 in verbinding tree. 

Die fondse wat ingesamel word deur inskrywings, word aange-wend vir die Overstrand Sportklub.

Vasbytstap beloof 'n uitdaging vir fikses

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant