Black Leaves delf diep vir oorwinning

Black Leaves delf diep vir oorwinning

Gansbaai Courant

Na Black Leaves se vorige neerlaag teen Hawston, was die oorwinning teen Caledon net die regte doepa verlede Saterdag (1 April).

Die manne van die Baai kry nou die geleentheid om Standards van Bredasdorp met vertroue te gaan pak eerskomende naweek.

Met ‘n dag vir goeie rugby het Black Leaves weer eens aan sy ondersteuners getoon dat hy vanjaar moeilik op sy tuisveld geklop gaan word.

Met die swaarder agttal, was daar geen twyfel dat Caledon die Baai-voorhoede wil opdreun nie! 

Ironies genoeg kon Caledon die Gansbaaiers van die bal afstoot in ‘n vaste skram om ‘n vasskop te maak.

Met die bal in die hand het Black Leaves se agterlyn  dit met aanvallende spel verhoed en sy voorspelers goed in posisie geplaas om teenaanvalle in die kiem te smoor.

Die Baai ruik eerste bloed met die vlugvoetige Brendan-Lee Dickson wat ‘n vinnige hangskoppie net-net oor die opponente se koppe sit en dan weer raakvat om deur te seil vir ‘n manjifieke drie, verdoel deur Evan Visser. (7-0).

Deurentyd het die twee spanne mekaar nie een oomblik laat wegkom nie en hier veral het Bradwill Europa, Reduwaan Preslin, William Swarts, Frankie Pieter, Enwill Hickley en Melvin Tobias met goeie haakwerk onder die Caledonners ingeseil.

Standards van Bredasdorp bly maar vir die manne ‘n moeilike opponent.

Standards is veral prominent in hul lynstaan fasette van waar hulle met hul erkende dryfmaalbewegings vorendag kom om aan hul agterlyn goeie balbesit te gee.

Soos Black Leaves dit teen Caledon gedoen het met vinnige opskietverdediging kan Bredasdorp se aanvalle ook in die kiem gesmoor word.  Black Leaves kan net voortbou uit hul goeie vertoning teen Caledon.

Black Leaves se B en C spanne stel ook glad nie teleur nie en is besig om hul stempel behoorlik af te druk op hul meer ervare teenstanders.

Manne wat hier sterk na vore tree is veral Carlo Pieters, Jan Fourie, Jes-Lee Titus, Marshall Alkers, Donald Dickson en Stiaan Jantjies. Langs hierdie weg wil die Black Leaves Rugby klub sy opregte dank uitspreek teenoor die plaaslike munisipale raad en amptenare vir hul volgehoue instandhouding van die Blompark Sportgronde.  Die klubbestuur duld geen vandalisme en ongewenste of barbaarse optredes by hierdie sportkompleks nie.

… maar nou eers die fokus op Standards van Bredasdorp:  gaan haal die vyf punte Black Leaves!

Sportgroete

So sê Bra “G”

Black Leaves delf diep vir oorwinning

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant