Oop beursie vir ons gryses

Oop beursie vir ons gryses

Gansbaai Courant

Gansbaai Marine het weer eens ‘n ‘oop’ beursie gehad tydens hul jaarlikse bydrae om die nood van drie instansies vir die versorging van bejaardes te ondersteun.

Silwerjare Dienssentrum in Blompark, Herberg-aan-See (HaS) Tehuis vir Bejaardes, asook die nasorgsentrum by HaS, wat toeganklik vir alle gemeenskapslede is, het elk R10 000 ontvang.

André Coetzee, besturende direkteur en Hennie Ritter, rekenmeester van Gansbaai Marine, het die tjeks Dinsdag, 11 April  aan Magrieta Adams en Elizabeth Kondokter van Silwerjare Dienssentrum en John van Rooyen, bestuurder van HaS en die nasorgsentrum oorhandig.

“As die grootste werkverskaffer sedert 1962 in die area, is dit belangrik vir Gansbaai Marine om na instansies waar daar tekorte bestaan, om te sien om sosiale verligting te bring,” het André gesê. “Vandaar die jaarlikse bydrae aan hierdie instansies om ‘n bydrae tot hulle inkomste te maak. Die bydrae aan HaS se nasorgsentrum is ook van wesentlike belang, aangesien dit vir alle gemeenskapslede toeganklik is.”

Gansbaai Marine het ook aanvanklik met die oprigting van die nasorgsentrum gehelp en André sê daar word nou voortgegaan om met die instandhouding daarvan te help.

Die fabriek vervaardig ingemaakte sardyn en voorsien handelsmerke van ingemaakte sardyn.

Vismeel en visale produkte word ook vervaardig, wat vir veevoer in die landbousektor bedoel is, asook aquakultuur vir voer vir onder andere perlemoenplase.

Tans is daar 8 vistreilers (trawlers) wat sardyn en anjovis vir die fabriek vang, wat almal die naam van die onderskeie gansspesies verteenwoordig: Stormgans, Rietgans, Vleigans, Berggans, Riviergans, Kolgans, Wildegans en Sneeugans.

Die bote verskaf werk aan 80 bemanningslede en Gansbaai Marine verskaf werk aan sowat 430 werknemers per seisoen.

Hierdie is maar enkele voorbeelde van Gansbaai Marine se jaarlikse bydraes tot die ondersteuning, opheffing en instandhouding van welwillendheidsinstansies in die omgewing.

Oop beursie vir ons gryses

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant