Birkenheaders rock-n-roll

Birkenheaders rock-n-roll

Gansbaai Courant

Dit was’n  behoorlike “Rock -n-Roll” aand vir die gaste en lede van die Birkenhead Boothengelklub wat Saterdag, 1 April gehou is.  Gaste het tot groot vermaak soos wafferse “Rock-n-Roll” sterre opgedaag.

Marié Nelson het selfs vir ‘n pienk motor gesorg wat uit daardie era dateer as deel van die saalversiering.

Die gesellige aand het met die prysuitdeling van die dag se hengelprestasies begin. Die voorloper in die manskampioenskappe, Danie Fourie, het met ‘n yslike bos lang gekrulde hare sy prys ontvang.  Die vermoede bestaan dat Danie nie die haardos op sy kop gehad het  tydens die kompetisie  nie, want geen vis sou naby Ben Uys se boot, Oupa, gekom het nie!

Ben het hoeka die prys vir die swaarste bootgemiddeld ingepalm.

Die wedstrydsekretaris, Jean Downing, het die volgende kwytgeraak: “Vanaand is daar sommer twee manne wat uit die Foefiebeker sal moet drink, want vir hulle foute is daar nie pille om te sluk nie,”

Die verhaal begin by Leon Engelke wat bekommerd na sy bos sleutels begin soek het. Vele oproepe is gemaak en besoeke is afgelê by almal wat naamlyste van hengelaars het - die sleutels, wat hy nalatig op die kroegtoonbank agtergelaat het, moes gevind word.

Die een wat die meeste moeite gedoen het om vir Leon te help, was Philip Fourie, voorsitter van die klub. “Lang storie kort,” het Jean gesê, “die sleutels is einde ten laaste gevind - in voorsitter Philip Fourie se sak waar hy dit ‘bewaar’ het om uit te vind aan wie dit behoort, maar toe daarvan vergeet het!”

Die uiteinde van die saak was dat altwee uit die Foefiebeker moes drink: Philip wat help soek het na die sleutels terwyl dit in sy broeksak was en Leon oor sy nalatigheid om dit op die kroegtoonbank neer te sit.

Op die note van Jan Lourens se Musiekfabriek, die heerlike ete en dans, was al die gekskeerdery heel gepas so op 1 April-gekkedag en almal het gesellig saamgekuier.

Birkenheaders rock-n-roll

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant