Atlete hinke-pink ná vasbytstap

Atlete hinke-pink ná vasbytstap

Gansbaai Courant

Sommige van die atlete wat aan die Big2Town vasbytstap deelgeneem het, het Saterdagmiddag, 8 April hinke-pink by die prysuitdelingsfunksie in die Gansbaai Sportsaal opgedaag.

Die stappers het sowat 75km oor twee dae afgelê.  Swaar reën, wind en modder het hulle veral Vrydag (7 April) gekniehalter.

Altesaam 11 spanne met 6 lede elk het deelgeneem.  Deelnemers het so ver as Port Elizabeth, Breederivier  en Laaiplek gekom.

Die jaarlikse byeenkoms tussen die onderskeie Magte het deelnemers gelok van Korrektiewe Dienste en die SAPD. 

Die oudste deelnemer was ‘n vroulike lid van 67 jaar en die jongste deelnemer van Ladismith, was die 19-jarige Marcel Simpson. Marcel neem aan die wedloop deel vandat dit 5 jaar gelede die eerste keer in Gansbaai deur die Overstrand Sportklub aangebied is.

Die uitslae is soos volg:  Senior Vroue – eerste: Disa Walkers 1; tweede:  Disa Walkers 2. Gemengde Seniorspanne – eerste The Incredibles; tweede:  Belhar.

Gemengde veterane – eerste:  Gansbaai SAPD.  Gemengde Meesters – eerste:  Breederivier Korrektiewe Dienste.  Mans Veterane – eerste:  6 Brothers; tweede – Disa Walkers.  Senior Mans – eerste:  Disa Walkers.

Pretstap

Die 8km pretstap wat Vrydagmiddag aangebied is, het 41 deelnemers gelok.

Overberg Sportklub is dankbaar vir almal se deelname en bydraes om van hierdie byeenkoms weer eens ‘n groot sukses te maak.

Atlete hinke-pink ná vasbytstap

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant