Joburg Ballet ten bate van SANTA

Joburg Ballet ten bate van SANTA

Gansbaai Courant

Die belowende twintigjarige balletdanser, Allice le Roux oor wie die Gansbaai Courant onlangs berig het, tree Mei-maand in Hermanus op as deel van ’n opvoering deur die bekende Joburg Ballet.   Hierdie nuus sorg vir groot opwinding onder balletliefhebbers, veral vir haar grootouers, Hardus en Anita Botha, van Gansbaai.  Hardus is ook ‘n verslaggewer by die Gansbaai Courant.

'n Meestersklas wat die vertonings vooraf gaan, is vir Woensdag, 3 Mei geskeduleer. Donderdag (4 Mei) se kleedrepetisie is deel van 'n uitreikprogram aan minderbevoorregte gemeenskappe in die Overstrand.

Die balletgeselskap tree in die NG Kerk Onrus, op. Die vertonings word ingewei met ‘n Gala-uitvoering op 5 Mei, gevolg deur twee uitvoerings wat Saterdag, 6 Mei sal plaasvind.

Joburg Ballet se optrede in Hermanus is die inisiatief van Pat van Schoor van SANTA in Hermanus.

“Baie moeite is gedoen om hierdie optrede vir ‘n goeie doel te laat realiseer,” het Pat gesê. “Alle winste is ten bate van SANTA Hermanus se pasiënte in die Overstrand wat tuberkulose onder lede het.

Fondse sal aangewend word vir die behandeling daarvan, asook om hierdie uiters aansteeklike siekte te bestry.”

Die uitvoerings sal gewilde ballet-hoogtepunte insluit, soos Die sterwende swaan, La fille mal gardée, La Traviatra en Esmeralda, asook hedendaagse werke deur Suid-Afrikaanse choreograwe.

‘n Verskeidenheid van style tydens die uitvoerings kan dus verwag word.

Joburg Ballet ten bate van SANTA

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant