Eddie Barnard se Bietoubosharem

Eddie Barnard se Bietoubosharem

Gansbaai Courant

Eddie Barnard, Gansbaai se “One Man Band”, het Dinsdag, 11 April sy eie “Bietoubosharem” gehad om op maat van sy musiek te vermaak.

Die vrolike samekoms was die Bietoubos Damesklub se maandbyeenkoms in die NGK se Kleinsaaltjie.

Eddie is al ‘n “ou haan” onder die Bietoubossers, ‘n klub wat bestaan uit vroue van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai.

Hierdie keer het dit egter behoorlik na ‘n “persoonlike” harem gelyk met die sowat 40 pragtige vroue wat opgedaag het. Drie kleindogters het ook die byeenkoms saam met hul oumas bygewoon.

Hoewel alles op die oog af vrolik was, met ‘n saal in pienk getooi, was die tema van die dag van ‘n ernstige aard: hoe om die tyding van kanker te hanteer by jouself of iemand na aan jou.

Meer bekend vir haar rol as die koorbegeleier van die NG Kerk, was Annelene Reinke van Pearly Beach die aangewese persoon om oor dié onderwerp te praat nadat sy  vir etlike jare met kanker saam geleef en oorkom het. Sy is ook ‘n aktiewe vrywillige werker van Hospice.

“By die aanhoor van die tyding dat jy kanker onder lede het, verander jou gedagtes impulsief,” het Annalene gesê. “Jou eerste gedagtes word deur lyding, dood en jou finansies oorheers. Daarna dink jy aan hoe dit jou naasbestaandes en ook jou voorkoms gaan beïnvloed.”

Annalene het vertel dat ‘n warboel van emosies  opduik: skok, ontkenning, angstigheid, woede, depressie en veel meer. “Hierdie warboel van emosies word ook deur jou ondersteuningsnetwerk, begrip van die siekte en sosiale druk beïnvloed.”

Vandag het pasiënte meer deel aan die beplanning van spesifieke behandelingsmetodes, soos onder andere, wat die behandelingspatroon  inhou.

Sy het ook na vele aanpassings in hierdie verband verwys: gevoelens van hartseer, moegheid - fisies en sielkundig, konsentrasieprobleme, slaperigheid of slaaploosheid, verlies aan eetlus en gevolglike gewigsverlies, rusteloosheid, geïrriteerdheid en vele ander emosies.

“Eie navorsing oor kanker en die gevolge en behandeling daarvan, kan help om angstigheid te verlig. Konsentreer op die dinge wat jy wel kan beheer en pas jou dieet aan,” het Annelene gesê. “Kyk ook na jou liggaam en probeer om fisies aktief binne jou vermoeëns te bly.”

Op die vraag hoe buitestaanders teenoor kankerlyers behoort op te tree, was haar antwoord eenvoudig: “Wees net daar vir ondersteuning en tree verder normaal op sonder om emosioneel te raak. Bied vervoer aan, rig uitnodigings vir tee/koffie- of uiteetgeleenthede.”

Elke individu hanteer sy/haar siektetoestand uiteenlopend: Sommige onttrek hulself aan die samelewing, terwyl ander weer graag hul gevoelens met andere deel. Wat egter van groot belang is, is om elke individu se hantering van kanker te respekteer. Indien ‘n kankerlyer nie daaroor wil praat nie, verskaf net stil ondersteuning. Wanneer ‘n persoon wel wil praat, wees dan net ‘n goeie luisteraar.

“My finale raad aan julle is om te sorg dat jy jou liggaam ken en indien enigiets vreemd voorkom, moenie huiwer om jou geneesheer te raadpleeg nie – eerder te vroeg as te laat.”

Na die ernstige en relevante praatjie deur Annalene, kon Eddie voortgaan met sy musiek soos net hy dit kan doen – met sy Bietoubosharem wat ‘n bietjie hul lywe rondgeswaai het op maat van sy musiek.

Dit was ‘n gesellige oggend met Aletta Lochner en Marie de Jager aan die stuur van sake.  Hul gaste het ook hartlik saam gesing, en speletjies gespeel.

Eddie Barnard se Bietoubosharem

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant