Gansbaai sê baie welkom aan besoekers

Gansbaai sê baie welkom aan besoekers

Gansbaai Courant

Na ‘n lang, besige pad na Gansbaai, is vakansiegangers verlede Donderdag verras met ‘n ‘vriendelike’ padblokkade by die De Kelders ingang. Lede van Gansbaai Toerisme en Gansbaai Polisiëringsforum (GPF), in samewerking met die plaaslike SAPD, het verbaasde motoriste welkom geheet met paaseiers, brosjures met spesiale aanbiedinge in die omgewing, ‘n Gansbaai Courant en veiligheidswenke.

Hierdie padblokkades word jaarliks ‘n dag voor die Paasnaweek en kort voor die Kersvakansie gehou.

Motorbestuurders wat die dorp binnekom, bekyk die padblokkade aanvanklik bekommerd en begin outomaties soek na hulle bestuurderslisensiekaarte, net om vriendelik verwelkom te word in hierdie pragtige deel van ons land.

“Ons het 150 pakkies gehad en alles is uitgedeel, ondanks reënbuie wat kort kort uitgesak het,” vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme.

Franskraal Buurtwag

Franskraal Buurtwag het op dieselfde dag, Donderdag 13 April, in samewerking met Gansbaai SAPD ook ‘n vriendelike padblokkade in Franskraal gehou.

Ander rolspelers was ook betrokke, soos die plaaslike verkeersowerheid, Cape Nature en Seevisserye.

Die doel van hierdie padblokkade was om inwoners en vakansiegangers bewus te maak van veiligheid by vakansiehuise en in die omgewing, misdaad en die belangrike rol wat 'n buurtwag speel.

Ook hier is gedrukte veiligheidswenke aan motorbestuurders uitgedeel en  paaseiers aan die kinders.

Gansbaai sê baie welkom aan besoekers

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant