Hulp waar dit die nodigste is

Hulp waar dit die nodigste is

Gansbaai Courant

Nasionale Tekkie Tax Dag is al 5 jaar lank deel van die Suid-Afrikaanse kalender en dit word hierdie jaar op Vrydag, 26 Mei gevier. Die veldtog gee jou die keuse om met jou voete te wys watter verdienstelike saak jou na aan die hart lê.

Kies jou plakker, tooi jou tekkies op met ‘n paar prettige Tekkie Tax veters, dra jou tekkies en siedaar! Jy is reg vir Nasionale Tekkie Tax Dag!

Die projek is in 2013 begin, toe van ons land se grootste en mees geloofwaardige welsynsorganisasies kragte saamgesnoer het om een groot fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur.  Die veldtog word hierdie jaar onderskryf deur 12 nasionale welsynsorganisasies wat al-tesaam meer as 1 000 plaaslike organisasies verteenwoordig.

Epilepsie SA; Kindersorg SA; SOS Children's Villages; CHOC (Childhood Cancer Foundation); Special Olympics SA; CANSA; Imisebeyelanga Services; Meals on Wheels; VVA ; NG Welsyn; SAVF en Endurocad.

Annelise de Jager, stigter en beskermvrou van die projek sê “Tekkie Tax het reeds R22.1miljoen ingesamel sedert die ontstaan daarvan en die verskil wat dit op grondvlak in ons land gemaak het is ‘n riem onder die hart. Onder al die lawwighede en verspotte skoenveters is daar ‘n baie ernstige saak”:

Princess Alice Adoption Home: “Tekkie Tax se geld gaan gebruik word om melk en kos vir 30 babas te koop.”
Kwathando Care Centre: “Ons het ‘n tafeltennisstel gekoop vir ons kinders met outisme”

Merewent Cheshire Home: “Tekkie Tax se bydrae het gehelp dat ons toiletware vir ons gestremde inwoners kon koop”

Vrystaat Versorging in Aksie: “Tekkie Tax se geld het gehelp om ons voedingskema by die skool aan die gang te hou”

Daar is geen verskoning om nie deel te neem hierdie jaar nie. Die plakkers (R10 elk) en veters (R35 elk).

Daar is meer as 270 plaaslike welsynsorganisasies wat dit verkoop en saam is hulle van plan om die hele Suid-Afrika deel van die projek te maak. Bestellings kan ook gedoen word op die Tekkie Tax webblad: www. tekkietax.org.za.

So! Daar is geen verskoning nie. Sit ‘n hop in jou skop en dra jou Tekkies op Nasionale Tekkie Tax Dag – Vrydag, 26 Mei 2017! Alles ten bate van weerlose mense en diere.

Hulp waar dit die nodigste is

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant