'Elegant en sag op die tong' sê wynkenner

'Elegant en sag op die tong' sê wynkenner

Gansbaai Courant

Twee van Rhebokskloof Wynlandgoed se rooiwyne het Gansbaai Wynproegilde se kundige in die wynbedryf, Altus le Roux, behoorlik beïndruk tydens die onlangse gildebyeenkoms.

“Die 2015 Pinotage beskou ek as elegant en sag op die tong en die wyn verdien ‘n goud, met die 2013 Shiraz, ‘n meer ernstige wyn, wat na my mening beslis ‘n sterk goud verdien,” was Altus se kommentaar.

Altus is ‘n semi-afgetrede wynkundige in De Kelders en is steeds betrokke by sy privaatmaatskappy in die wynbedryf, Le Roux Wines.

Henrico van Lill van Rhebokskloof Wynlandgoed was die aanbieder tydens Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms verlede Vrydag, 21 April, in Kleinbaai se Great White House.

Die 40 hektaar wynlandgoed is aan die noordekant van die Paarl geleë en as gevolg van die droeë klimaat is 70% van hulle wynproduksie rooiwyne.

“Ons wyne is nie die beste wat daar is nie, maar sonder twyfel interessante wyne, met Engeland as ons grootste invoerder,” het Henrico gesê.

Hy is reeds sowat 4 jaar daar betrokke en is die bestuurder van die wynproelokaal. Hy is nie ‘n wynmaker nie, maar het alle praktiese aspekte van wynbou deurloop. As bestuurder fokus hy op alle wynskoue, privaat proesessies en algemene bemarking.

Drie witwyne en drie rooiwyne is vir proe deur Henrico aangebied, met die wynproegangers se beoordeling in hakies:

Sauvignon Blanc, 2016 (sterk silwer tot goud); Bosstok Chenin Blanc, 2016 (goud); Hillside White, 2015 (silwer); Cabernet Sauvignon/Shiraz, 2014 (silwer); Pinotage, 2015 (goud); Shiraz, 2013 (sterk goud).

Die onderskeie wyne het perfek by die spyskaart van Chris Pead, Great White House se sjef, aangepas: gerookte salmon (voorgereg), spesiale hoenderfillette en groente (hoofgereg) en gebakte lemoenpoeding (nagereg).

Twee klublede, die 76-jarige  Daan Oosthuizen en sy vrou Petro (73) het dieselfde aand hulle 25ste huweliksherdenking gevier. Hulle is aangewys om Gansbaai Wynproegilde se voorskoot as blyk van waardering aan Henrico te oorhandig.

Die egpaar is op 21 April 1962 in Kroonstad in die Vrystaat in die huwelik bevestig en woon al die afgelope 17 jaar in Gansbaai. Die egpaar het 2 seuns, waarvan 1 oorlede is, 2 kleinkinders en 1 agterkleinkind. Daan is ook die gilde se tesourier.

As blyk van simpatie, is ‘n fynbosruiker aan Lynn Oosthuizen oorhandig, wie se man, Bill onlangs oorlede is.

'Elegant en sag op die tong' sê wynkenner

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant