Dwarsdeur die vingers vir Black Leaves (verloor 16-41)

Dwarsdeur die vingers vir Black Leaves (verloor 16-41)

Gansbaai Courant

Hoe laat jy so ‘n wedstryd deur die vingers glip met ‘n gerieflike voorsprong van 16-5 in die tweede helfte van die spel?

Ja, dit was ‘n bitter pil om te sluk met die wind ook nog in hul blaaie.  Iets drasties moes gebeur het en niemand anders as net daardie 22-tal sal dit kan beantwoord nie. 

Tog was daar ‘n groot deel briljante spel deur die Baai gelewer deur die loop van die wedstryd wat die skare op hul voete gehad het.  Wat die Baai ‘n gevreesde span onder ander spanne gemaak het met hul geweldige agttal, kom hulle glad nie meer die mas behoorlik op nie.

Genadendal het definitief ‘n swak skakel raakgesien en gate oopgehardloop deur Black Leaves.

Black Leaves dwaal nou van die punteleer af en dit gaan hulle bloedsweet kos om Grabouw Saterdag (29 April) te klop. 

Elke speler sal maar net weer sy kop moet oplig om die tuisskare gelukkig te maak met die Atlantics (Hermanus) tuiswedstryd.

Met die blaas van die eindfluitjie Saterdag kon Black Leaves sekerlik geen beloftes aan Genadendal toon om die bordjies met die tweede rondte te kom verhang nie, tensy daar nie  vinnig drie agtereenvolgende wedstryde gewen word nie.

So ‘n SOS kan die gekweste Black Leaves weer laat opstaan om goeie rekenskap van hulself te gee.

Die uwe glo die manne sal na die nederlaag hul koppe skoon kry en nie die eerste tuisneerlaag te veel koester nie.

Die afrigterspan moet seker maak om dinge reggestel te kry.  Dit kan net gebeur as elke speler passievol in sy posisie by die oefenveld opdaag.

Sportgroete
So sê Bra “G”

Dwarsdeur die vingers vir Black Leaves (verloor 16-41)

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant