Aedech bied aan om jou probleme op te los

Aedech bied aan om jou probleme op te los

Gansbaai Courant

Aedech bedryf ‘n jarelange gevestigde en bekende besigheid in die Overstranddistrik.

Ons lewer ‘n professionele diens aan die konstruksiebedryf in terme van die uitvoer van gewapende betonwerk.

Al ons kliënte, ingenieurs en wie ook al wat met ons te doen gehad het, kan daarvan getuig.

As gevolg van verskeie redes is ons werk van sikliese aard en gewoonlik werk dit so dat ons of te veel werk het of te min.

Ons probleem is grotendeels “met die te min werk” en daarom ondersoek ons nou ander alternatiewe om die leemte te vul.

‘n Groot deel van ons werk is probleemhantering en -oplossing waarmee ons uitstekend is en waarvan ons baie ervaring het.

Hierdie aspek van ons werk neem baie tyd in beslag en is nie altyd sigbaar na buite nie.

Die gedagte het by my ontstaan om ‘n ‘Probleem Oplossing’ diens aan te bied wat nie net beperk is tot die bedryf waarin ons tans besigheid doen nie, maar op enige ander terrein waar ons moontlik ons vaardighede kan aanwend om u as persoon of as besigheid of in watter vorm ook al, van nut te wees.

Ons beskik oor ‘n breë front van ingenieurs tegniese agtergrond, mensekennis en lewenservaring en professionaliteit is vir ons van kardinale belang.

Ek wil die idee op die proef stel en die potensiaal daarvan ondersoek.

Indien u dus met ‘n probleem sit wat u nie kan oplos nie, stoei met iets wat u nie gedoen kan kry nie, iets nie gereël kan kry nie of as u bloot net iemand soek om ‘n pad namens u te loop en u is bereid om ons te vergoed daarvoor, nooi ek u uit om my te nader.

Daar is min waarvoor ons terugdeins en ons is betroubaar genoeg om nie u tyd of bronne te verkwis nie. Ek hoor graag van u, ongeag van hoe groot of klein u behoefte is.

Francois Marais
B.Ing (Stell), 082 771 2073
hfmarais@worldonline.co.za

Aedech bied aan om jou probleme op te los

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant