7's rugbydag was 'n groot sukses

7's rugbydag was 'n groot sukses

Gansbaai Courant

Laerskool Gansbaai het op Saterdag, 22 April 2017 weer eens hul jaarlikse 7’s Rugbydag met groot sukses aangebied.

In die toekoms sal hierdie dag se wedstryde as die Overberg Wealth & Risk Management Sevens bekendstaan.

Vanjaar se deelnemende laerskole was Gansbaai Primêr (Blompark) en Laerskool Okkie Smuts (Stanford). Curro  Hermanus en Kleinmond Laerskool het saam met Laerskool Gansbaai onderskeidelik in die o/9-, o/11- en o/13-vlakke meegeding.

Die o/9’s van Laerskool Gansbaai het in hul ouderdomsgroep met die louere weggestap met drie  wenne en een gelykopwedstryd.

Onder die o/11’s was dit weer Laerskool Okkie Smuts wat met twee wen- en twee gelykopwedstryde Laerskool Gansbaai naelskraap geklop het.

Gansbaai moes ‘n bitter pil sluk toe hulle ‘n drie ‘n oomblik nadat die eindfluitjie geblaas het, gedruk het wat nie toegeken kon word nie.

Onder die 1ste spanne (o/13’s), was dit weer eens die span van Laerskool Gansbaai wat geseëvier het.

Hulle was die enigste span wat al vier hul wedstryde gewen het, waartydens hulle 16 drieë gedruk het en slegs 2 afgestaan het.

Die o/13’s van Laerskool Okkie Smuts was in die tweede plek met drie oorwinnings en Gansbaai Primêr in die derde plek.

AJ Bosch van Laerskool Gansbaai se o/13-span is na afloop van die dag as Speler van die Toernooi aangewys.

Laerskool Gansbaai bedank graag al die spelers, ouers, borge en ondersteuners wat tot die dag se sukses bygedra het.

7's rugbydag was 'n groot sukses

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant