Die Walkers sê welkom

Die Walkers sê welkom

Gansbaai Courant

‘n Internet-vakature-advertensie vir ‘n gekwalifiseerde auto-elektrisiën het daartoe gelei dat ‘n gesin van Kuruman reeds met hulle eerste naweekbesoek aan Gansbaai hul harte hier agter gelaat het – en nou is Riaan en Aileen Snyman sak en pak terug met hul twee kinders om ‘n toekoms hier in die Overstrand te skep.

Riaan sal voortaan sy auto-elektriese besigheid voortsit saam met die eienaars van Walkerbay Engineering, Tony en Sonja Walker.

Die twee jong gesinne het hope talent tussen hulle. 

Riaan was in 2009 ‘n 110m hekkies SA Kampioen en het tot op 25-jarige ouderdom professioneel aan SA Atletiek deelgeneem.

Sy vrou, Aileen aan die ander kant het SA Kleure vir gewigstoot in haar laerskooldae verwerf, asook Gauteng Kleure vir hoogspring en verspring.  Sy  is ‘n welvaartskepper en besigheidsraadgewer, wat gesondheid en fiksheid hoog op haar prioriteitslys stel.

Hulle oudste seun, Sebastiaan (9) is al heel tuis in Gansbaai Laerskool en Ariana (3) is by De Kleine Gansies Kleuterskool ingeskryf.

Tony en Sonja wil op hierdie wyse die Snymans hartlik welkom heet in Gansbaai en vertrou dat albei gesinne ‘n lang en voorspoedige verhouding sal hê.

Sonja is ‘n bekende en gewilde fotograaf in Gansbaai.

Die Walker-ouers en hul 8-jarige dogter, Anja en 5-jarige seun Jano het 8 weke gelede die nuwe pienkvoet in die gesin, Jana tydens ‘n tuisgeboorte met groot blydskap verwelkom.

Jana is op haar ouma Alta Walker se verjaardag gebore.

Die Walkers sê welkom

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant