Vlagpale - 'n paar baie gewilde plekke

Vlagpale - 'n paar baie gewilde plekke

Gansbaai Courant

Ek gaan in die toekoms ‘n paar plekke bespreek wat jy slegs met ‘n boot kan bereik en wat eintlik heel bekend is aan ons gereelde hengelaars.

Baie manne wat ‘n vreemde hengelplek die eerste keer besoek sal op aanbeveling soontoe gaan en indien hulle ‘n boot daar aantref so bietjie daarvandaan anker en dan die plek op die GPS instel  --  wat beteken dat hulle eintlik na aan die plek lê, en nie regtig presies daar is nie. So, mettertyd is daar deur middel van hierdie metode verwarring oor waar die eintlike plek is. Hiermee wil ek sê dat indien jy jou koördinate dan van ‘n ander persoon kry, dit moontlik nie korrek is nie. Eintlik is dit ‘n goeie ding, want daar word te veel op die koördinate staat gemaak en nuwe, dalk beter plekke bly onontdek. In die opsig wil ek die Vlagpale meld. Jare terug was landmerke gebruik (voor die dae van die GPS. Hier, in elk geval). Oorlede Jan, van Hamerkop het sy posisie verkry deur ‘n spesifieke klip op te lyn met die afloop van die berg en dan te kyk wanneer die vlagpaal tussen die huisies op die Eiland sigbaar is. Deur van landmerke gebruik te maak is jou kans beter om op die presiese plek te beland. Ek het ‘n paar plekke op my GPS gemerk as Vlagpale wat nogal heelwat van mekaar verskil. Ek sal egter nie self koördinate verskaf nie, want dit gaan meer oor die potensiaal van die plek as oor die posisie.

Die eerste plek is die Moddergate. So 4, 5 kilometer vanaf Kleinbaai. Voor ek wegspring wil ek meld dat baie boothengelaars van my stellings sal verskil, want daar is baie faktore om in gedagte te hou, bv. weersomstandighede, tyd van die jaar, watertemperatuur en sommer so ‘n boel ander.

Gewoonlik is jy op soek na ordentlike riwwe voor jy wil begin vang, maar op hierdie plek is die goed skaars. Onthou dis hier, of baie naby, dat die nette gespan was vir die visboerdery en waar rotsriwwe seker nie welkom was nie. Maar wanneer die winter sy gesig wys is dit een van die baie goeie plekke om te probeer. Dis waarheen jy gaan om vir die kabeljou te probeer wat teen hierdie tyd van die vlakker plekke af verkas het. Ek dink jy kry omtrent enige ander vis hier en ons praat veral van geelbek, Pw’s, roman, silwervis, hotties, en so aan. Jy moet egter gewoond raak daaraan dat jy somtyds, as jy daar geanker het, lekker kan uitrus want dis baie maal doodstil hier en dan moet jy maar groener weivelde gaan soek. Maar dit bly ‘n uitsonderlike plek.

Groete tot volgende keer,

Seemeeu

Vlagpale - 'n paar baie gewilde plekke

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant