Gansbaai Courant

Blog: Academia 'mors' plek-plek met ander skole

Published: 18 May 2017
By:Gansbaai Courant

Gansbaai Academia se rugby-, sokker-, netbal- en hokkie-spanne het op 3 Mei (Villiersdorp Sekondêre Skool) en 6 Mei (Eben Donges Hoërskool, Kraaifontein) te staan gekom. Daar was net een doel voor oë - om te wen.

Villiersdorp

Saterdag, 3 Mei het Gansbaai Academia op hul tuisveld teen Villiersdorp Sekondêre Skool gespeel.

Die uitslae was soos volg:

Rugby: o/17 wen 22-19; o/19 wen  24-5. Sokker: o/19 seuns wen 4-1. Netbal: o/15 wen 7-6; o/17 verloor 5-16; o/19 verloor 8-19.

Kraaifontein

Saterdag, 6 Mei het Gansbaai Academia in Kraaifontein teen Eben Donges Hoërskool, asook van die ander, tydens Eben Donges se jaarlikse sportdag te staan gekom. Verskeie skole soos Hottentots Holland Hoërskool, Soneike, Melkbosstrand Hoërskool en Protea Heights Academia was teenwoordig.

Die uitslae was soos volg:

Rugby: o/15 wen Eben Donges 33-0. Beste spelers: Wyzell Fourie, Jemile Sauls en Breyton Phillips; o/16 wen Eben Donges 14-0, asook Protea Heights 39-0. Beste spelers: Guilermo Rossouw en Ralph-Vino Richter; o/19 wen Eben Donges 24-0. Beste spelers: Lorenzo Geldenhuys en Aldin Jantjies.

Sokker:  o/19 meisies wen Eben Donges 7-2. Beste spelers: Lelethu Tasana en Emihle Ntsomi; o/19 seuns wen Eben Donges 1-0; verloor teen Soneike 0-1. Beste spelers: Ananthi Mkeli en Sizwe Ngumla.

Hokkie: o/19 meisie verloor teen Melkbosstrand 1-2; speel gelykop teen Eben Donges 1-1. Beste spelers: Zandre Otto en Charneze Hart; o/19 seuns wen Eben Donges 2-0; verloor teen Protea Heights 2-1. Beste spelers Shanobian Cupido en Sangiro Felix.

Netbal: o/14 verloor teen Hottentots Holland 5-10; wen Protea Heights Academia 8-5; wen Melkbosstrand 8-6; wen Eben Donges 14-8. Beste spelers Stephanie Matlhara en Anele; o/16 speel gelykop teen Melkbosstrand  6-6 en wen Soneike 12-3, asook Protea Heights Academia 6-4. Beste spelers:  Chrissandra Pietersen en Megan Pieterse; o/19 wen Melkbosstrand 9-4; wen Eben Donges  5-4; verloor teen Hottentots Holland 3-15. Beste spelers: Whitney Jansen, Farren Hendricks, Ruwyda Phillips en Casey Lewis. 

Vanaf 17 Mei sal Gansbaai Academia 4 tuiswedstryde speel en vra die gemeenskap se ondersteuning.

Hulle reël ook 'n sport-fondsinsamelingsdag vir 26 Mei 2017, waar hamburgers verkoop gaan word.

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...