Moeg vir inpak - koop huis op 91

Moeg vir inpak - koop huis op 91

Gansbaai Courant

Wanneer ‘n 91-jarige man huis koop en ‘n 79-jarige eiendomsagent beklink die transaksie, is dit ‘n noemenswaardige gebeurtenis. Dit is egter nie heeltemal te vreemd vir Gansbaai wat ‘n gewilde aftreedorp is nie.

Genoeg is genoeg

Die afgetrede kaptein Willem van der Merwe van Pearly Beach wat sy lewe lank in huurhuise gewoon het, het gevoel hy het nou genoeg rondgetrek toe die huis waar hy gehuur het, verkoop is.

Met die skaarste aan huurhuise, het hy besluit dit is tyd om sy eie huis te koop - en dit is nie sommer ‘n huisie nie, dit is ‘n huis.

Die 79-jarige Petrus du Preez van Petrus Eiendomme, het die transaksie beklink.

“Oom Willem is baie gesteld op sy privaatheid en hou nie van te veel publisiteit nie, maar het darem ingewillig om met sy bottel rooiwyn afgeneem te word,” het Petrus gesê. Petrus het die wyn geskenk om sy kliënt geluk te wens met sy nuwe huis.

Angela

Willem se eggenote, Angela, word by Huis Breda versorg en sy dogter Engela en skoonseun, emeritus predikant, ds Hennie Basson, is darem daar om hom by te staan. 

Hulle neem hom op ‘n gereelde basis vir besoeke aan Angela, “vir wie hy nou al vir meer as 60 jaar baie lief is.”

Moeg vir inpak - koop huis op 91

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant