Ondersteun 'n 'oue' vir 'n opskop

Ondersteun 'n 'oue' vir 'n opskop

Gansbaai Courant

Ons dorp se minderbevoorregte bejaardes is genooi om deel uit te maak van 900 senior burgers wat ‘n gewilde opskop met bekende sangers, in Kaapstad gaan bywoon.

Tolbos se nuwe eienaars, Wayne en Carol Devitt daag alle besighede in Gansbaai uit om R1 000 te skenk vir hierdie grootse projek wat deur Helpende Hand in die Wes-Kaap geloods word.

Dit is die grootste uitstappie wat nog ooit deur Helpende Hand gereël is. 

‘n Bus vol bejaardes vanuit Gansbaai sal die geleentheid kry om die Bakgat Country Opskop in die Kaap te gaan geniet. Plakkate van die opvoering is oral in die dorp te sien.

Anmarie Watney, die vorige eienaar van Tolbos het ook reeds R1 000 bygedra.

Daar is bitter min tyd oor om hierdie heerlike uitstappie vir minder bevoorregtes te befonds.

Bydraers kan Maretha Geldenhuys skakel by 082 805 3964 of ‘n epos stuur na fgbuild@mweb.co.za vir meer besonderhede.

Gun ons oumense ‘n Kaapse opskop - slegs jou bydrae gaan dit moontlik maak! Helpende Hand is ‘n organisasie wat hom beywer vir die voorkoming van armoede en opheffing van armes deur opleiding.

Enige bydrae sal ‘n verskil maak.  Maretha en haar span van Helpende Hand voed en klee daagliks hulpbehoewende mense in Gansbaai.

MvdW

Ondersteun 'n 'oue' vir 'n opskop

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant