Black Leaves gryp behoorlik na wind

Black Leaves gryp behoorlik na wind

Gansbaai Courant

SAFCOL van Grabouw het Black Leaves verlede Saterdag behoorlik die loef afgesteek deur met ‘n punteverskil van meer as 40 te wen.

Dit het diep wonde gelaat en daar word hard daaraan gelek.  SAFCOL op hul tuisveld het behoorlik baljaar en die Baai van hul voete afgehardloop, soveel so, dat die punte wat die Baai begin aanteken het SAFCOL  glad nie bekommerd gehad het nie.

Dit was duidelik met die lostrio van SAFCOL se oorheersing dat Black Leaves nie veel toegelaat is om rugby te speel nie. Na bykans 15 minute het SAFCOL eerste begin bloed ruik toe hulle No 8 deurbars en hul flank telke male ook so maak.

Toe SAFCOL alreeds in die eerste helfte hul bonuspunt drie druk, het dit begin nag raak vir die Baai.  Dit is goed gekondisioneerde spanne in hierdie kompetisie en Black Leaves sal weier om te wil bes gee met die bekendheid daarvan dat hy sal opstaan en beter reken-skap van homself gee. 

Daar is nie nou ander tyd as die tweede rondte om alles reg te maak nie. In die hele wedstryd teen SAFCOL het Black Leaves nooit die handdoek ingegooi nie en het self ook sprankelrugby gelewer.

Sameul Phetoe (Baca) het besluit om sy hart uit te speel en was dan ook benoem as Speler van die Span.

Die span se nederlaag het hulle geensins afgesit nie en hier veral het Enwill Hickley stewig vertoon somtyds in die middelveld en selfs Evon Visser het uitgestaan met goeie breekslae, maar SAFCOL het geen spasie gelaat vir  afronding nie.

Om Botrivier hierdie naweek (3 Junie) te gaan aandurf sal die Baai uit die as uit moet opstaan en hulle afstof en regruk om weer te kan presteer vorentoe.  Dit is wanneer die tweede rondte begin en “hoor hier” niemand kan nou bekostig om ‘n enkele wedstryd te verloor nie. 

Operasie Regruk is volstoom aan die gang.

Sportgroete

So sê Bra ‘G’

Black Leaves gryp behoorlik na wind

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant