Nuus vanaf die polisie

Nuus vanaf die polisie

Gansbaai Courant

Die volgende inligting is deur Gansbaai SAPD se mediabeampte, Adj-off Wynand Le Roux verskaf:

Kontaknommers

Dit het onder die aandag van Gansbaai SAPD gekom dat probleme ondervind word wanneer die plaaslike polisiekantoor geskakel word.

Enige probleme wat ondervind word, onder die aandag van die VISPOL Hoof gebring word. Die volgende kontaknommers is beskikbaar gestel:

Polisiestasie - 0283840201

Noodnommer vanaf landlyn - 10111

Noodnommer vanaf selfoon - 0283840774

Stasiebevelvoerder - LtKol Moshi - 0283840201

VISPOL Hoof - Kapt Africa - 0827786841

Speurtakhoof - Kapt Rautenbach

Speurtak direkte kantoornommer - 0283840196

Ondersteuningsdienste Hoof - Kapt Groenewald - 0283840201

Vuurwapen Afdeling - AdjOff Human - 0283840201

Bewysstukke en Kommunikasie - AdjOff Le Roux - 0283840201

Sektorbevelvoerder

Plase en Pearly Beach - AdjOff Roux - 0798941626

Sektorbevelvoerder

Gansbaai en Omgewing - Sers Basson - 0825221926

Verskaffing van vertroulike inligting

 AdjOff Mostert - 0798941473

Winkeldiefstal

‘n Man het Woensdag, 24 Mei 2017 ‘n bekende winkelgroep in die dorp binne gegaan om klere te koop. Hy het aangedui dat hy met sy kredietkaart gaan betaal, wat hy nie gedoen het nie. Hy het met ‘n aggressiewe stemtoon gesê dat hy nie behoorlike diens ontvang nie, die klere gevat en weggehardloop.

Die eienaar het hom agterna gesit en om hulp geskree. Vinnige reaksie deur die sekuriteitsbeampte het daartoe gelei dat die man gearresteer is.

Die gesteelde goedere is teruggekry, maar die eienaar het ligte beserings opgedoen toe die verdagte haar teen die grond gegooi het.

Die verdagte, Dylin Loff (27) is van Blompark en het reeds in die Hermanushof verskyn.

Verdrinking

‘n Onbekende man se liggaam is Vrydag, 26 Mei 2017 om 08:00 by Romansbaai deur Aqunion Perlemoenplaas se personeellede gevind, waar dit uitgespoel het.

Die man was in volledige duikmondering geklee en het ‘n perlemoen-afsteker aan sy hand gehad, asook ‘n perlemoensak om sy lyf.

Die saak word ondersoek en enige persoon met inligting kan Gansbaai SAPD se speurtak by 028 384 0196 skakel.

Dagga is nog  nie gewettig nie

Die gemeenskap word gewaarsku dat daar streng teen die besit van dagga en ander dwelmmiddels opgetree sal word.

Die wanpersepsie bestaan dat dagga gewettig is, wat nie korrek is nie.

Die wetgewing moet nog voor die parlement dien en die proses om dit goedgekeur te kry kan nog sowat 2+ jaar duur.

Nuus vanaf die polisie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant