Talentvolle seeman bou nou modelbote

Talentvolle seeman bou nou modelbote

Gansbaai Courant

Geen behoorlike bootplanne nie - net “prentjies” (foto's) en siedaar - Andries Lombard (71) van Kleinbaai bou sy perfekte modelboot en monteer dit in ‘n glaskas.

Sò maklik is dit darem ook nie. Andries maak deeglike studies van elke toeka-se-boot, veral seerowerbote, se geskiedenis wat hy wil bou, ingesluit die kaptein en waarvoor die boot gebruik is.

Dan begin die groot werk: ‘n Voorlopige skets vir hoogtes, lengtes en breedtes word geteken, dan trek hy sy eie bouplanne op en begin eers met die romp van die boot, wat die maklikste is. “Amerika wil nie die planne beskikbaar stel nie, dus moet ek dit self optrek,” vertel Andries. “Die enigste nadeel is dat die fynere detail, veral op die dek van die boot, nie presies en  volgens skaal gebou kan word nie.”

Na die romp, volg die fynere detail waarna hy verwys: Elke item op die dek van die boot, die takelwerk en die seile word met die hand vervaardig.

Andries verkies om alles eers uit hout te vervaardig, soos onder andere die kanonne (swivel guns), dan maak hy gipsafdrukke en dan volg die finale produk, terwyl hy net sy eie gereedskap vir alles gebruik.

Vanaf 1970 het Andries al sowat 15 verskillende groot bote gebou, waarvan sowat 10 in glaskaste gemonteer is.

Sy belangstelling kom vanaf sy beroepsjare op bote. Andries het sy beroepslewe op die destydse Seevisserye se patrolliebote in Gordonsbaai begin. Eers as Seeman waar hy dekke moes skrop, later as masjinis (drywer) en nog later as senior masjinis.

Hy het op die patrolliebote Wagter, Protector en Pelagus gewerk. 

“Op 50-jarige ouderdom het ek besluit om die pakket wat my aangebied is, te aanvaar sodat ek voltyds, asook kommersieel, vanaf my eie boot kon gaan visvang,” vertel hy.

Sy “eie” boot (en daar was meer as een) waarna hy verwys, was glasveselbote wat hy ook eiehandig vir homself gebou het. 

Andries is vir die afgelope 15 jaar ‘n Gansbaaier, maar kom reeds vir die afgelope 50 jaar hierheen - “toe was hier nog bykans niks nie en ook net grondpaaie.”

Van sy gunsteling bote wat hy al gebou het, is die Cutty Sark, die Adventure Galley van kaptein William Kit (1695), die Alibama en die Columbo van Vasco da Gama.

“Die Adventure Galley is in Engeland gebou en die Amerikaners het dit later as ‘n oorlogskip gebruik,” vertel Andries.

 “Daarna is die boot na Frankryk gestuur waar dit binne ‘n uur gesink is.”

Die bekende Alibama het gereeld in Kaapstad aangedoen, vandaar die liedjie, Daar kom die Alibama.

Andries werk sowat ‘n jaar aan ‘n boot, hoewel nie elke dag nie, maar soos wat hy tyd daaraan kan afstaan. Sy laaste boot het hy verlede jaar voltooi.

Deel van Andries se kennis en idees van bote, kom uit sy ou en kosbare versameling van sowat 15 skeepsboeke, byna soos ‘n stel ensiklopidieë.

Hy vertel dat hy die boeke destyds teen R21 per eksemplaar maandeliks deur die pos ontvang het en so bymekaar gemaak het.

Dit is ‘n belewenis om deur die boeke te blaai.

Die stel boeke bestaan uit ‘n verskeidenheid van toeka se skeepskategorieë, vanaf handelsbote tot by seerowerbote.

Voorbeelde is onder andere: The Pirates, The Windjammers, The Explorers, The Seafarers, The Racing Yachts, The Clipper Ships, The Ancient Mariners, The Explorer Ships en veel meer.

Dit wat Andries al vir soveel jare as ‘n stokperdjie be-oefen, mag na harde werk klink, wat dit weliswaar ook is.

Om egter ‘n besoek aan hierdie talentvolle man te bring, vertel net een verhaal: toeka se seevaarders en hulle bote is sy liefde, sy lewe en sy alles!

Talentvolle seeman bou nou modelbote

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant