Solyx United vuur en vlam oor nuwe seisoen

Solyx United vuur en vlam oor nuwe seisoen

Gansbaai Courant

Die Solyx United sokkerspan van Masakhane staan “vuurgedrewe” gereed vir die nuwe sokkerseisoen - geen wonder nie, want twee sleutelpersone in hul ontwikkelingsprogram is in diens van Gansbaai Brandweer.

Thebelani Xovula, die span se voorsitter is ‘n kadet-brandweerman en sy regterhand wat hom in alle opsigte ondersteun, is Jacques van Lill, bekende leerling-brandweerman.

Die sokkerspan het Saterdag, 27 Mei 2017 in Overberg Boothengelklub se saal hul splinternuwe uitrustings en balle vir die nuwe sokkerseisoen ontvang.

Die weldoener is Peter Huyser van Solyx Films South Africa (Pty) Ltd wat Solyx United se spanlede volledig vir die nuwe sokkerseisoen borg. Dit sluit volledige uitrustings en sokkerballe in, asook vervoer, etes en ander kostes tydens wedstryde buite die dorp. Solyx Films het die span ook tydens die  vorige sokkerseisoen volledig op dieselfde wyse geborg.

“We plan to continue to develop the team and league and will try to promote development in the community,” het Peter tydens die oorhandiging gesê. “We believe in blessing those who God puts in our sight, with what He has provided.”

Peter het ook sy waardering uitgespreek teenoor Storge Printing vir die ontwerp van die sokkerhemde, asook teenoor Riaan en Susan Snyders vir die middagete wat die sokkerspan kon geniet.

Solyx United sokkerspan het reeds in 1990 al as ‘n span aan wedstryde begin deelneem, maar onder die spannaam Marine United. Nadat Peter in 2016 met sy eerste borgskap betrokke geraak het, het die span uit erkenning daarvoor die spannaam na Solyx United verander.

In 2006 is hulle tot die SAB Liga toegelaat, waar hulle ook teen Overberg se ander spanne kon deelneem - vanaf Grabouw tot by Swellendam.

In 2014 kom hul eerste groot prestasie toe hulle as kampioene in die Overberg gekroon is. Daarna kon hulle aan Vodacom-wedstryde deelneem. Ongelukkig kon hulle, as gevolg van ‘n tekort aan fondse, nie deurdruk nie.

Ná die borgskap van Solyx Films in 2016, was hulle weer in staat om die stryd aan te pak. Daar was weer fondse vir vervoer en etes, asook nuwe uitrustings en sokkerballe. Dieselfde geld nou vir die 2017 sokker-seisoen.

Jacques van Lill van Gansbaai Brandweer is ‘n groot ondersteuner van die Solyx United sokkerspan en is betrokke by die span se ontwikkelingsprogram, algemene administrasie en ondersteuning.

Jacques se voorliefde vir sokker het reeds baie jare gelede begin toe hy vir Spar se interne personeelspan gespeel het, en selfs ‘n paar wedstryde vir  Masakhane se sokkerspanne.

“Dis toe ek nog vinnig en baie fiks was,” het hy bygevoeg.

Die twee kollegas van Gansbaai Brandweer is baie opgewonde oor Solyx United sokkerspan se wedstryde in die nuwe sokkerseisoen en Jacques is vol vertroue dat die span skoonskip in die nuwe sokkerseisoen gaan maak.

Solyx United vuur en vlam oor nuwe seisoen

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant