Gure weer kniehalter kompetisie

Gure weer kniehalter kompetisie

Gansbaai Courant

Woensdag se gure weer het die weeklikse sloegterskompetisie gekniehalter en dit kon nie plaasvind nie.

Vrydag het 13 spelers aan die OK Foods se nege-putjie kompetisie deelgeneem.

Die wenner was Solly Wessels met 21 punte en hy teken ook ‘n arend aan op putjie no 6.

Tweede was Daan Victor met 20 punte, gevolg deur  George Hunt 18, Leon Lombaard 17, Leon Hattingh 17 en Johannes van der Walt 17.

Leon Lombaard teken ‘n spog twee op putjie no 8 aan en Daan Victor was naaste aan die pen op putjie no 8.

Saterdag se kompetisie was ‘n Enkel Stableford en 11 spelers het deelgeneem. Die wenner was Etienne Engelbrecht met 36 punte, gevolg deur Jaco Bosman 34, Solly Wessels 33, Leon Hattingh 31, Fanus Walters 29, Leon Lambaard 29 en Niel Harrison 28.

Naaste aan die penne was Bev Swart op no’s 2 en 11, Erik Becht op no 17 en Niel Harrison op no 15.

Erik Brecht teken ‘n spog twee aan op putjie no 17 en Niel Harrison teken ‘n arend aan op putjie no 6.

Die Ligaspan het Saterdag teen Theewaterskloof met 5.5/.5 verloor.

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n 4BBB Stableford.

Saterdag, 24 Junie 2017 is ‘n 2 Bal American Scramble en dit word deur die Rookkamer geborg.

Gure weer kniehalter kompetisie

Johan Coetzee

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant