Varswater is hul speelplek

Varswater is hul speelplek

Gansbaai Courant

Sandri en Dirk Lourens van Perlemoenbaai, twee kranige varswaterhengel kampioene, was altwee deel van die Voorsittersliga wat vir die 4de agtereenvolgende jaar met die goue medalje tydens die Westelike Provinsie Varswater Hengelunie se jaarlikse prysuitdelingsfunksie op Saterdag, 10 Junie 2017 weggestap het.

Dirk en Sandri hengel vir die Boland Varswater Hengelklub wat vir die 5de agtereenvolgende jaar as die Top Klub in die Westelike Provinsie aangewys is. 

Die Westelike Provinsiale spanne is ook tydens die prysuitdelingsfunksie aangekondig, nadat proewe op 3 en 4 Junie in buitengewone gure weer plaasgevind het, wat nie die Lourense afgeskrik het nie.

Hul twee laerskooldogters, Juandre en Zandre, is altwee in die o/13 Penkopspan opgeneem wat in Desember vanjaar in Bloemhof aan die Suid-Afrikaanse Provinsiale Kampioenskappe gaan deelneem.

Hierdie twee kranige jong hengelaartjies moet nie op hul baadjies getakseer word nie - hulle het ook al hul Westelike Provinsiale kleure verwerf.

Ma Sandri dien ook op die bestuur van die Penkopspan.

Dirk is in die Westelike Provinsiale Meestersspan opgeneem, wat in November in Bloemhof gaan deelneem. Sandri is ook in die Meestersspan as bestuurder opgeneem, asook in die Westelike Provinsiale Damesspan wat in Februarie 2018 ook in Bloemhof gaan deelneem. 

‘n Besige tydjie wag dus op die kranige Lourens-varswaterhengelspan, veral met al die voorbereiding en oefening wat vir hulle wag.

Varswater is hul speelplek

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant